ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die drie verdagtes wat daarvan verdink word dat hulle mnr. Hennie Bonnema (62) van Levubu wreedaardig vermoor het op 18 Oktober afgeneem tydens 'n vorige hofverskyning. Foto verskaf.

Drie in Bonnema-moord weer in hof

Date: 23 November 2016 By: Isabel Venter

Walter Maringa (24), Mudau Sylvester Takalani (31) en Khodani Tshishonga (33) sal na verwagting vanoggend weer in die Levubu Landdroshof verskyn.

Dié drie mans word daarvan verdink dat hulle mnr. Hennie Bonnema (62) op 18 Oktober wreedaardig op sy plaas vermoor het.

Sover die koerant kon vasstel, gaan die hof nog net een van die mans se borgaansoeke aanhoor vandag. Twee van die mans se aansoeke is in ‘n vorige hofverskyning op Woensdag, 16 November, van die hand gewys.  

‘n Groot groep boere van die omgewing sal na verwagting weer by die hof opdaag om hul ondersteuning te wys aan die Bonnema-familie.

 

Lees volledige berig hier

 
 
 

Viewed: 420

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Ondersteuners afgeneem voor die Levubu Hof tydens 'n vorige hofverskyning. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT