Woede ná R524 nog ‘n lewe eis
Die haglike toestand van die R524-pad tussen Louis Trichardt en Thohoyandou was Sondagmiddag weer die oorsaak van ‘n ernstige motorongeluk, wat gelei het tot die dood van die 14-jarige Daniëlle Mitchell. Haar ma, Karlo Mitchell (43), het wonderbaarlik die ongeluk oorleef.