ADVERTISEMENT:

 

 
 

André Prinsloo afgeneem in 2014, saam met Jana Smit toe hy aangewys is as die Soutpansberg Sakekamer se Besigheidsman van die Jaar.

Bekende sakeman sleg beseer in fietsry ongeluk

Date: 16 January 2017 By: Isabel Venter

André Prinsloo, een van Louis Trichardt se bekendste sakemanne, is op die herstelpad na hy ernstig beseer is in ‘n fietsryongeluk verlede week.

Prinsloo is fanaties oor oefen, en oefen amper daagliks. Hy was juis besig met ‘n oefenrit met sy padfiets langs die N1-suid verlede Donderdag toe hy beseer is.

Die voorval het gebeur naby die weegbrug sowat 10km van Louis Trichardt af. Prinsloo het in die sleepwaentjie van ‘n minibus-taxi vasgery wat afgetrek het op die skouer van die pad. Prinsloo se vrou, Melinda, het die week telefonies met die koerant gesels en gesê dit gaan goed met hom.

André het ernstige beserings opgedoen en is deurgevlieg na die Midstream MediClinic in Pretoria, waar die kraakbeen in sy linkerknie weer geheg is. Hy het ook ‘n operasie ondergaan om die skade aan sy mond te herstel.

Dit is in hierdie stadium nog te vroeg om te sê of André weer op die been sal wees vir hierdie jaar se Kremetart Fietswedren. Hy is Dinsdag ontslaan, en sterk tans tuis aan. “Die dokters is eintlik verbaas met sy herstel,” het Melinda gesê. As alles na wense gaan, sal hy binnekort met fisioterapie kan begin en sy tyd op die krukkelys nog verder verkort.

 
 
 

Viewed: 998

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT