ADVERTISEMENT:

 

 
 

SAPD

Kosbare tyd gaan verlore as daar na straatadresse gesoek moet word

Date: 16 December 2016 By: Andries van Zyl

Mnr. Dirk Meissenheimer, voorsitter van die Sektor Misdaadforum in Louis Trichardt, het inwoners versoek om aandag te gee aan probleme wat die polisie daagliks ondervind.

Van die probleme wat gereeld deur die polisie op die maandelikse forumvergaderings uitgewys word, het Meissenheimer gesê, is dat baie besigheideienaars steeds nie duidelike noodnommers by hul persele het nie. Daar is ook gereelde versoeke dat besigheideienaars duidelike straatnommers by hul besigheidspersele aanbring “Indien die SAPD op ‘n toneel opdaag en dalk moet ingaan, kan hulle dadelik die persoon op bystand skakel om die winkel oop te sluit,” het Meissenheimer gesê.

In dieselfde asem het Meissenheimer weereens ook huiseienaars versoek om duidelike straatnommers by hul wonings aan te bring. “Die SAPD en sekuriteitsmaatskappye kan nie vinnig optree en op ‘n toneel opdaag as daar gesoek moet word na ‘n huisnommer nie. Dit lei tot groot frustrasies. Kosbare tyd raak verlore, tyd waartydens lewens gespaar kon word. Gee ook asseblief duidelik die regte straat- of huisnommer wanneer u ‘n saak by die polisie aanmeld en verduidelik mooi wat die probleem is,” het Meissenheimer gesê.

Meissenheimer het die publiek versoek om hande te vat met die plaaslike polisie om sodoende hul werk makliker te maak. “Meld asseblief enige probleem, of iets wat verdag lyk, dadelik by die SAPD aan. Dit is baie belangrik dat die SAPD ten alle tye in kennis gestel moet word,” het Meissenheimer gevra. Tog het hy die publiek versoek om nie die polisie met onbenullighede te pla nie. “Hulle is ook net mense en het baie ander sake om te ondersoek. Laat ons nie hulle tyd mors nie,” het Meissenheimer gesê.

Ingeval van nood kan die Makhado SAPD geskakel word by tel. 015 519 4300 of 079 889 6222. Indien ‘n lid van die publiek nie regkom by die aanklagkantoor nie, kan hulle vir Kol Tshililo skakel by 082 414 6272 of Kol Rambau by 082 573 3289. “Skakel egter eers die aanklagkantoor, voordat u die offisiere skakel,” het Meissenheimer gevra.

Meissenheimer het die gemeenskap versoek om hom direk te skakel of te kontak indien hulle nie ‘n bevredigende oplossing of hulp van die polisie kry nie. Hy kan geskakel word by tel. 082 789 3927 of stuur ‘n e-pos na [email protected]. “Die Sektor Misdaadforum kan help om die probleem op te los. Enige voorstelle kan ook na my gestuur word. Ek sal alle probleme met die stasiebevelvoerder opneem,” het Meissenheimer gesê.

 
 
 

Viewed: 613

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT