ADVERTISEMENT:

 

 
 

Tydens Royal Macadamia se jaareindfunksie is Ben Mouton (Enig Boerdery) vereer met ‘n trofee vir beste produsent vir die 2016 seisoen. Sy trofee is aan hom oorhandig deur die algemene bestuurder van Royal Macadamia, mnr. Johan Vos (links). Ben self is ook ‘n aandeelhouer van Royal Macadamia. Foto verskaf.

Makadamiaboere hoop vir beter 2017-seisoen

Date: 10 December 2016 By: Isabel Venter

Die invloed van die heersende droogte, ten spyte van die onlangse reënval in die streek, was die hoof onderwerp van bespreking tydens Royal Macadamia se jaareindfunksie.

Hierdie organisasie het op Woensdag, 30 November, hul top produsente vir 2016 vereer tydens ‘n spoggeleentheid by hul nuwe sorteer-area.

Die invloed van die droogte is weer onder die produsente se aandag gebring, wat die oes drasties verminder het hierdie jaar. Vooruitsigte vir 2017 het ook onder bespreking gekom. Die nuwe oesjaar lyk onseker, veral vir Levubu, wat nie soos KwaZulu Natal en Mpumalanga goeie reëns ontvang het nie. Royal Macadamia het die hoop uitgespreek vir nog reën, sodat ‘n herhaling van 2016 se oes vermy kan word.

Ten spyte hiervan lyk produkpryse belowend vir die nuwe jaar. Daar word verwag dat die pryse vir kern ietwat hoër sal wees, as gevolg van die beperkte hoeveelhede kern in voorraad. Of die situasie ná Augustus sal voortduur, sal deur die grootte van die 2017 oes bepaal word.

Tydens die geleentheid is die top presteerders aangekondig. Hulle was Ben Mouton (Enig Boerdery – trofee vir die beste gemiddelde uitkraak persentasie vir groter produsente), Koos Steyn (Welgevonden Nutty – beste gemiddelde uitkraak persentasie vir kleiner produsente) en Johan Moolman (Tumble Inn – laagste gemiddelde uitskot persentasie vir groter produsente). Steyn het ook die prys ontvang vir laagste gemiddelde uitskot persentasie vir kleiner produsente).

 

 
 
 

Viewed: 891

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT