ADVERTISEMENT:

 

 
 

Rudi Barker. Foto: Facebook.

Jong man summier tronk toe gestuur ná hy geld steel

Date: 28 November 2016 By: Isabel Venter

‘n Jong man van Louis Trichardt is hierdie week swaar gestraf in die plaaslike Streekhof.

Die 32-jarige Rudi Barker het Dinsdag in die hof verskyn, waartydens hy skuldig gepleit het op ‘n klag van diefstal. Barker is ook aangekla van huisbraak, maar het skuld ontken daarop.

Volgens Barker se klagstaat het hy op 30 Julie vanjaar R6 250 in kontant gesteel aan huis van mnr. Willem Frederick Knoetze. Barker was in Knoetze se huis om elektriese werk te doen toe hy die geld gevat het. Knoetze het ‘n saak van huisbraak gelê by die Makhado Polisie, nadat hy besef het dat die geld uit sy huis gesteel is.

Barker het met die sak patats te vore gekom toe hy gekonfronteer is. Hy het erken dat hy die geld gesteel het, maar ontken dat hy by Knoetze se huis ingebreek het om dit te buit.

Landdros PV Mudau het Barker se pleitooreenkoms met die Staat aanvaar en Barker drie jaar direkte gevangenisstraf opgelê. Buiten vir die tronkstraf is Barker ook deur die hof gewaarsku dat, indien hy nie in sy spore begin trap nie,  hy in terme van Artikel 286 van die Kriminele Strafproseswet (Wet 51 van 1977) as ‘n gewoontemisdadiger geklassifiseer sal word.

Hierdie waarskuwing sal dien as swaard oor Barker se kop om hom daaraan te herinner dat, indien hy weer ‘n misdryf sou pleeg, al is dit ‘n mindere klag, hy ‘n maksimum vonnis van 15 jaar tronkstraf opgelê kan word. Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat Barker die geld gesteel het terwyl hy uit was op parool.  

Barker is in Januarie 2012, in dieselfde hof, tot sewe jaar tronkstraf gevonnis op ‘n klag van intimidasie, die onwettige besit van ‘n vuurwapen en die roekelose bedreiging van ‘n persoon. Barker het ‘n maand vantevore sy eie dogtertjie (toe drie jaar oud) by hom gehad en gedreig om haar en homself om die lewe te bring met ‘n vuurwapen wat hy van ‘n familielid gesteel het. Die ma, wat toe al vervreemd was van Barker, het die polisie gevra om in te tree en haar dogtertjie terug te kry.

Barker het amper drie jaar van sy sewe-jaar vonnis uitgedien en is op 22 Mei 2015 op parool vrygelaat. Hy sal nou egter die res van hierdie vonnis moet uitdien, en daarna die drie jaar wat hy ontvang het op die klag van diefstal.

 
 
 

Viewed: 1053

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Rudi Barker. Foto: Facebook.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT