ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle Koot Brandt. Foto verskaf.

Oom Koot se stem nou stil, maar hy leef in harte voort

Date: 26 November 2016 By: Isabel Venter

Die Brandt-familie het hierdie week met hartseer afskeid geneem van ‘n liewe pa, oupa en oupagrootjie.

“Jou plekkie is leeg langs ons. Jou stem is stil, maar in ons harte sal jy steeds voortbestaan. Jy was ons alles ... baie dankie vir al jou onbaatsugtige liefde. Ons was, en sal altyd lief bly vir jou. Ons gun die rus wat God jou bied. Tot ons mekaar weer sien,” het mnr. Jacobus Johannes Brandt se familie hierdie week geskryf.

Koot, soos Jacobus beter bekend was in Louis Trichardt, is op Saterdag, 19 November, oorlede in die ouderdom van 80.

Dié bouer en ketelmaker van formaat is op 8 Februarie 1936 in die Eloff-distrik van Droëfontein gebore en het vir baie jare Springs sy tuiste genoem. Hy en sy eggenote, Chrissie (oorlede 13 November 2007), het in 1983 na Louis Trichardt verhuis.

Wyle Koot word oorleef deur sy vier kinders, Petro Lombard, Kobie Brand, Gerda Jehle en Robert Brand, skoondogter Elsie Brandt, sewe kleinkinders en vier agterkleinkinders.

Die familie het ‘n spesiale woord van dank gerig aan Maud Myburg, Lance Venter, drs. Pieter de Wet, Anneke Malan en Casper Venter, die personeel van die Zoutpansberg Privaathospitaal en Riana Smith vir hul bystand in hulp in Koot se tyd van nood, asook vir al die gebedsondersteuning en oproepe.

Koot sal begrawe word vanuit die NG Kerk Soutpansberg-gemeente op Saterdag, 26 November, om 10:00.

 

 
 
 

Viewed: 703

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT