ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die 44-jarige polisiekaptein Mavis Khensani Shilubani, wat gearresteer is ná die inbraak by Total Sports. Foto: SAPD.

Polisiekaptein in sop ná inbraak

Date: 02 October 2016 By: Andries van Zyl

Vyf verdagtes, insluitend ‘n polisiekaptein verbonde aan die Ritavi SAPD, moes Dinsdag in die hof op Louis Trichardt verskyn ná aanleiding van ‘n inbraak by ‘n plaaslike besigheid.

Volgens die polisie se provinsiale mediakantoor in Polokwane is die vyf verdagtes, tussen die ouderdomme van 20 en 44 jaar, op 25 September in die Ritavi-area (Tzaneen) gearresteer op klagte van die besit van vermoedelik gesteelde goedere. Van die goedere wat in hul besit gevind is, is verbind met ‘n inbraak by Total Sports in Louis Trichardt op 21/22 September. Meer as R100 000 se goedere, wat onder meer klerasie, selfone en rekenaartablette ingesluit het, is tydens die inbraak gebuit. Volgens die polisie is twee gesteelde T-hemde en ‘n rekenaartablet na bewering in die polisiekaptein se besit gevind. Die vrou is verbonde aan die speurtak op Ritavi.

Die saak is na die hof op Louis Trichardt oorgeplaas, aangesien die inbraak hier plaasgevind het. Al vyf verdagtes was Dinsdag by die hof in Louis Trichardt, maar net die kaptein het uiteindelik verskyn. Haar vier mede-aangeklaagdes moes op ‘n tegniese punte vrygelaat word met ‘n waarskuwing om weer in die hof te verskyn, nadat hulle nie binne die voorgeskrewe 48 uur na hul arrestasie voor die hof gebring is nie.

Ongelukkig vir die kaptein het haar hofverskyning binne die toegelate 48 uur ná haar arrestasie plaasgevind. Die 44-jarige kapt. Mavis Khensani Shilubani se saak is uitgestel tot 4 November, hangende verdere polisie ondersoek, waarna sy op R1 000 borg vrygelaat is.

 
 
 

Viewed: 633

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Van die gesteelde goedere wat teruggevind is ná die inbraak by Total Sports in Louis Trichardt verlede week. Die goedere het ingesluit selfone, rekenaartablette en klerasie. Foto: SAPD.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT