ADVERTISEMENT:

 

 
 

Friede Meissenheimer, wat pas bevorder is tot senior maatskaplike werker by die SAVF.

Friede bevorder tot senior maatskaplike werker

Date: 01 October 2016 By: Isabel Venter

Louis Trichardt kan nou spog met sy eie senior maatskaplike werker.

Friede Meissenheimer van die plaaslike Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) is gedurende Augustus bevorder tot dié senior pos. Sy is reeds sedert 2009 betrokke by die plaaslike tak.

Voor Friede haar plek by die plaaslike SAVF ingeneem het, was sy eers betrokke by Kinder- en Gesinsorg in Polokwane vir ‘n tydperk van twee jaar. Dit was nadat sy haar B.SocSc (MW) graad verwerf het aan die Universiteit van die Vrystaat in 2006.

Friede is oorweeg vir bevordering, nadat sy deur ‘n paneel van die SAVF se hoofkantoor in Pretoria gevalueer is. “Sy [Friede] het ontwikkel in ‘n maatskaplike werker met sterk statutêre vermoëns wat goeie verhoudings handhaaf met haar kliënte, vrywilligers, die breër gemeenskap, die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en Justisie en al haar kollegas op provinsiale en nasionale vlak,” het die paneel gesê.

“Dit is veral haar sterk taalvaardigheid, noukeurige nakoming van keerdatums, vermoë om onder druk steeds werk van hoë gehalte te lewer, deernis en empatie met mense in nood en lojaliteit teenoor die organisasie wat uitgestaan het,” het die paneel verder bygevoeg.

Onder inwoners is Friede veral bekend vir haar betrokkenheid by ‘n verskeidenheid van gemeenskapsprojekte en die geïntegreerde maatskaplike werksmetodiek wat sy aan die dag lê.

Tussen al haar werksverpligtinge het Friede ook al twee keer die Comrades Ultramaraton binne die afsnytyd voltooi, en is sy vandag die trotse ma van haar en manlief, Rudi Meissenheimer, se agt-maande-oue dogtertjie.  

 
 
 

Viewed: 513

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT