ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle tannie Baby Attard (93). Foto verskaf.

Liefdevolle tannie Baby (93) oorlede

Date: 30 September 2016 By: Andries van Zyl

Die Soutpansberg-gemeenskap is dit eens dat die liefdevolle, vreedsame, diep-gelowige en vriendelike gryskop tannie Baby se afsterwe ‘n groot leemte in almal se harte sal laat.

Tannie Baby is op 18 September, op die ouderdom van 93 jaar, oorlede. “Sy het haar plekkie langs haar Skepper ingeneem,” sê die familie.

Margaretha Maria Dreyer is op 25 Julie, 1923, in Pretoria gebore. Nadat sy haar kinderjare op Dendron deurgebring het, het sy haar lewensmaat, oom Cecil John Attard, ontmoet waarna hulle as jong egpaar hulself op Pietersburg gevestig het. Vyf kinders is uit hul liefdevolle huwelik gebore. Tobie en Mollie van den Heever se plaas Sterkstroom op die Witvlagpad was tot tannie Baby se afsterwe reeds vir 27 jare haar aardse tuiste.

Tannie Baby was ‘n kranige voorbidder vir haar hele familie, sowel as al haar geliefdes en vriende. “En deur God se genade het al vyf haar kinders, haar 12 kleinkinders and 23 agterkleinkinders oorleef,” het die familie gesê. Hulle bedank almal vir hul besoeke, gebede en liefde vir tannnie Baby gedurende haar kort siekbed en ook vir die ondersteuning aan die familie ná haar afsterwe.

 
 
 

Viewed: 741

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT