ADVERTISEMENT:

 

 
 

Corrie en Jan Wilkins is al ou bekende gesigte in Louis Trichardt en Baird Ministries. Hulle is sedert die begin van Augustus permanent aangestel by die gemeente as pastoorspaar.

Egpaar nou permanent by plaaslike bediening

Date: 18 August 2016 By: Isabel Venter

Baird Ministries in Louis Trichardt het nie meer bekendstelling nodig nie, en ook nie hulle nuwe pastoorspaar nie.

Pastoor Jan en mev. Corrie Wilkins is al vir jare betrokke by Baird Ministries. Hulle is veral bemind - nie net by hul eie gemeente nie – maar ook vir hul interkerklike bediening onder die bejaarde inwoners van die dorp. Die egpaar het net bietjie meer as 10 jaar gelede die Goue Gerwes op die been gebring wat spesifiek op die geestelike bediening fokus van inwoners ouer as 50 jaar.

Jaarliks hou die groep ook ‘n naweekwegbreek vir die lede van die Goue Gerwes. Daar is lede wat al intussen verhuis het, wat nog steeds spesiaal dié mini-vakansie bywoon wat elke keer by die Môreson Vakansieplaas gehou word.

Pastoor Jan is geaffilieer by die Fellowship of Christian Churches in Africa, maar is al van kindsbeen af betrokke met die Ewige Koningryk se bediening. Corrie het betrokke geraak by die bejaardes se bediening kort nadat sy met Jan getroud is, en sedertdien het hulle daarmee voortgegaan soos wat hulle van plek na plek verhuis het.

Voor hulle betrokke geraak het as die nuwe pastoorspaar van Baird Ministries, was hulle aktief betrokke by dié gemeente as hulp pastoorspaar. Hulle aanstelling het permanent geword aan die begin van Augustus.

Die egpaar het groot planne vir hulle gemeente. Jan en Corrie se groot passie bly egter nog by die bejaardes. “Oumense word dikwels vergeet,” verduidelik die egpaar.

Voor hulle permanente aanstelling het Jan en Corrie nie net die jaarlikse uitreik van die Goue Gerwes gereël nie, maar ook gesorg dat daar gereeld huisbesoek gedoen word by dié oumense wat nie meer so beweeglik is nie of wie se familie ver bly. Dit sal enige iets insluit van ‘n nagmaaldiens of om te help ‘n gloeilamp te vervang of om net sommer bietjie te gesels.  

“Ons is nie hier om op van die kerke of enige iemand se tone te trap nie, maar om te help waar daar nood is,” het Jan verduidelik.

 
 
 

Viewed: 657

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT