ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle Wally Jehle (47). Foto verskaf.

Jong man se dood kom as skielike skok vir almal

Date: 15 August 2016 By: Andries van Zyl

Inwoners van die Soutpansberg het die week met skok en hartseer gereageer op die nuus van die dood van die 47-jarige Walter Jehle, wat Saterdagoggend sy eie lewe geneem het.

Walter, of Wally soos hy meer algemeen bekend gestaan het, het saam met sy familie kort na sy geboorte in 1968 na Waterpoort verhuis waar sy pa, Kurt, begin boer het. As jong seun het hy sy laerskoolloopbaan by Laerskool Mopanie voltooi, en sy hoërskoolloopbaan by Hoërskool Louis Trichardt.

Na voltooiing van sy matriekjaar in 1986 het Wally aangesluit by die polisiekollege, vanwaar hy uitgeplaas is na die destydse Soekmekaar polisie. Hier het hy twee jaar diens gedoen, waarna hy besluit het om pa Kurt op die plaas Farnel te gaan help met sy pa se tamatie- en uiesmoor (shêba) inlêfabriek, Indimex.

Ná ‘n paar jaar van sy pa help het Wally na Pretoria verhuis waar hy vir ‘n kort tydperk betrokke was in die boubedryf. Hy het egter weer laat in die 1990’s teruggekeer na die Soutpansberg, weer om sy pa Kurt te help by hul nuwe fabriek, Walku Foods, net buite Louis Trichardt. Ten tye van sy dood was hy ‘n besturende direkteur by die fabriek.

“Ons sal hom onthou as iemand wat altyd positief was en ‘n plan gehad het vir alles. Sy dood het vir ons as familie as groot skok gekom,” het suster Maunine gesê.

‘n Roudiens vir wyle Wally word Saterdag, 13 Augustus, om 11:00 vanuit die NG Kerk Soutpansberg-gemeente gehou. Hy word oorleef deur sy pa Kurt, eggenote Gerda (en stiefseun Lourens), skoonpa Koot Brandt, suster Maunine (en swaer Pieter de Jager) en suster Maria (en swaer Sean Atterbury).

Die familie het hul opregte dank en waardering uitgespreek teenoor die Soutpansberg-gemeenskap vir al die oproepe, woorde van vertroosting en bystand in hulle tyd van hartseer.

 
 
 

Viewed: 1594

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT