ADVERTISEMENT:

 

 
 

Pakkies vir Leo - vol omgee. Honderde omgeepakkies is in Louis Trichardt ingesamel, ná 'n projek van stapel gestuur is wat deur klein Leo Botha geïnspireer is. Foto verskaf.

Pakkieprojek ontvang groot steun

Date: 13 August 2016 By: Isabel Venter

Louis Trichardt het inwoners met groot harte. Nadat die plaaslike Kansa-tak ‘n beroep gedoen het op inwoners om hulle omgeepakkie-projek te ondersteun, het dié pakkies letterlik ingestroom. Die tak het beoog om ten minste 50 van hierdie pakkies in te samel vir jong kankerlyertjies, maar het vinnig-vinnig die mylpaal verbygesteek. Teen Maandag het hulle reeds 519 pakkies bymekaar gehad.

Hierdie spesiale projek is geïnspireer deur klein Leo Botha (18 maande) van Lous Trichardt wat vroeër in die jaar gediagnoseer is met akute limfoblastiese leukemie. Sedertdien ontvang Leo behandeling in die Unitas Hospitaal, waar ma Cherese amper op ‘n daaglikse basis te doen kry met ander kankerlyertjies.

Baie van dié jong pasiëntjies se ouers trek swaar en het dit nie breed elke maand nie. Daarom het Cherese die plaaslike Kansa-voorsitter, mnr. Dirk Meissenheimer, gevra om te help omgeepakkies bymekaar te maak. Elke pakkie moet ‘n waslappie, sepie, tandeborsel en tandepasta, Vaseline en ietsie lekkers bevat.

Dirk het vandeesweek bekend gemaak dat daar nog gewag word vir ‘n paar laat donasies, maar dat hy reeds besig is om die datums te reël wanneer die pakkies uitgedeel kan word. ‘n Gedeelte van die pakkies sal oorhandig word aan pasiëntjies in Pretoria en die res aan kinders wat tans behandeling ontvang in die Pietersburg provinsiale hospitaal.

Vir meer inligting, of om die aflewering van pakkies te reël, kan Dirk geskakel word by tel. 082 789 3927.

Intussen het klein Leo hierdie week by sy gesin deurgebring in Louis Trichardt. Hy sal na verwagting Sondag weer terug gaan Unitas toe, waar sy chemo-behandeling hervat word.

 
 
 

Viewed: 652

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Pakkies vir Leo - vol omgee. Honderde omgeepakkies is in Louis Trichardt ingesamel, ná 'n projek van stapel gestuur is wat deur klein Leo Botha geïnspireer is. Foto verskaf.

Pakkies vir Leo - vol omgee. Honderde omgeepakkies is in Louis Trichardt ingesamel, ná 'n projek van stapel gestuur is wat deur klein Leo Botha geïnspireer is. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT