ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die vuur het Donderdag ontstaan in die vleiland tussen die industriële gebied en Groblerstraat in Louis Trichardt. ‘n Sterk wind het die vlamme aangehits, totdat die vlamme gelek het aan die sypaadjie van Groblerstraat.

Wegholveldbrand laat vuurvegters bontstaan

Date: 11 August 2016 By: Isabel Venter

Die brandweer moes verlede week verwoed keer dat ‘n veldbrand nie permanente skade aanrig aan besighede in die industriële gedeelte van Louis Trichardt nie.

Die vuur het Donderdag ongeveer 11:00 ontstaan in die vleiland tussen die industriële gebied en Groblerstraat. ‘n Sterk wind het die vlamme aangehits en oor etenstyd het die vlamme gelek aan die sypaadjie van Groblerstraat.

In ‘n stadium het die wind die vuur opgeskep en ‘n leë erf, wat grens aan Van der Merwe Saagmeule en Louis Trichardt Scrap Metals, het aan die brand geraak. Met die brandweer se aankoms op die toneel het ‘n gedeelte van die skrootmetaalwerf se perseel al vlamgevat. Die vlamme is inderhaas geblus, voordat dit kon versprei na ‘n rommelhoop wat onder andere leë gasbottels en ou bande bevat het - beide goedere wat uiters vlambaar is.

Personeel van die saagmeule het ook ingespring en gehelp om die vlamme te blus wat gedreig het om hulle perseel in vlamme te verswelg.

 

 
 
 

Viewed: 863

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Brandbestryders van die Makhado Brandweerstasie moes inderhaas keer dat 'n veldbrand versprei na aangrensende besighede in Groblerstraat verlede Donderdag. Die vlamme het 'n gedeelte van Louis Trichardt Scrap Metals se perseel kaal gebrand, maar kon gelukkig onder beheer gebring word voordat daar te veel skade was.

Brandbestryders van die Makhado Brandweerstasie moes inderhaas keer dat 'n veldbrand versprei na aangrensende besighede in Groblerstraat verlede Donderdag.

Brandbestryders van die Makhado Brandweerstasie moes inderhaas keer dat 'n veldbrand versprei na aangrensende besighede in Groblerstraat verlede Donderdag.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT