ADVERTISEMENT:

 

 
 

Inwoners gewaarsku teen oop vure

Date: 11 August 2016 By: Isabel Venter

Die Makhado Brandweerstasie het weereens ‘n beroep op inwoners gedoen om nie oop vure te maak nie.

Vanaf Augustus tot Oktober heers daar landswyd ‘n verbod op enige oop vure, omdat die risiko vir wegholbrande uiters hoog is. Dié hernude pleidooi van die stasie volg na ‘n veldbrand verlede Donderdag wat amper besighede in gevaar gestel het.

Tradisioneel sal die brandverbod geld tot die laaste dag van Oktober, maar hierdie jaar sal dit in plek bly tot en met die volgende goeie reënval.

Die rede waarom die brandverbod ingestel word, is om die veiligheid van mense, vee, wild en infrastruktuur teen wegholbrande te verseker, veral in ‘n tyd wat water nie altyd beskikbaar is wanneer dit nodig is nie. Daar moet veral teen brand gewaak word in areas waar baie plantasies en vrugteboorde is, aangesien die verlies van hierdie bome ‘n groot impak kan hê op die land se ekonomie.

Enigiemand wat die verbod verontagsaam, kan vir hulleself swaar boetes op die hals haal en kan selfs aanspreeklik gehou word vir die brandskade op eiendom wat weens die brand skade kry.

Grond- en huiseienaars word ook aangeraai om in te skakel by hul plaaslike brandvoorkomingsassosiasie of alternatiewelik te verseker dat hul plaaswagstruktuur ‘n plan van aksie het indien ‘n veldbrand sou ontstaan. Werkers kan ook weer herinner word aan vuurveiligheid en kan opgelei word om ‘n brand effektief te bestry.

Enigiemand wat die brand verbod oortree, kan verkla word by die Makhado Brandweerstasie se bevelvoerder, mnr. Jack Ramalatso. Hy kan by die stasie gekontak word by tel. 015 516 0554.

 

 
 
 

Viewed: 641

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT