ADVERTISEMENT:

 

 
 

Totale vermorsing: Duisende liters water het verlede week weggesypel in die grond, nadat 'n lekplek op die Albasini pyplyn vir 'n week lank gelos is voordat dit herstel is.

Water oral, maar min daarvan kom by die dorp se krane uit

Date: 10 July 2016 By: Isabel Venter

Water orals in die pad, maar nie in die krane nie...

Mnr. Dries Cilliers van Louis Trichardt het verlede week gebel om ‘n ernstige lekkasie aan te meld op die Albasinidam se pyplyn langs die Levubu-pad. “Ons praat van ‘n land wat water tekorte het ... hierdie storie maak my die hel in,” het Cilliers gesê.

Die betrokke lekplek is ongeveer vier kilometer van Louis Trichardt, langs die Levubu-pad, net verby die ingang na dr. Badenhorst se plaas. Dit is sommer met die eerste oogopslag duidelik dat dié betrokke lekplek al vir ‘n paar dae aaneen duisende liters water laat wegspoel.

Volgens Cilliers het die pypleiding maande tevore ook aaneen gelek, totdat die Vhembe Distriksmunisipaliteit (VDM) onlangs daaraan aandag gegee het. Die herstelwerk het egter nie vir te lank gehou nie, en die water het weer begin lek, hierdie keer vir amper ‘n week voordat dit herstel is.

Die lekplek is kort ná die koerant se besoek verlede Woensdag vinnig herstel deur die VDM en het nog nie weer begin lek nie.

Intussen het mnr. Wally Schultz, voorsitter van die plaaslike AfriForum-tak, hierdie week ook gesê dat VDM dalk binnekort weer in die hof sal moet verduidelik wat aangaan met die water. “Ons was in Pretoria om met AfriForum se regspan te konsulteer, en sal teen die einde van die week reg wees om ‘n persverklaring daaroor uit te gee,” het Schultz gesê.

 
 
 

Viewed: 1050

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Totale vermorsing: Duisende liters water het verlede week weggesypel in die grond, nadat 'n lekplek op die Albasini pyplyn vir 'n week lank gelos is voordat dit herstel is.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT