ADVERTISEMENT:

 

 
 

Boewe het oor die naweek 'n bussie van Laerskool Louis Trichardt gestroop vir onderdele, nadat hulle eers die passasiersruit uitgeslaan het en toe bakstene as 'n domkrag gebruik het.

Laerskool se bussie word geplunder

Date: 17 June 2016 By: Isabel Venter

Laerskool Louis Trichardt het die afgelope naweek een van die jongste misdaadslagoffers geword.

Die skool se Toyota Quantum minibus is oor die naweek deur diewe geplunder en gestroop van onderdele. Aanvanklik het niemand onraad vermoed nie, want die bussie was dan veilig toegesluit in die busloods.

Dit was eers vroeg Maandagoggend dat mnr. Greg Stewart agtergekom het daar’s fout. Hy wou die bussie uittrek, sodat hy leerlinge na Tshipise kon aanry vir ‘n skooluitstappie. Verskeie dele van die bussie se onderdele en nog onderdele van die enjin was weg.

Die boewe het sinkplate aan die agterkant van die stoor oopgeforseer om by die bussie uit te kom. Bakstene is gebruik om die passasiersvenster uit te gooi, waarna die sitplekke uitgehaal is om by die onderstel uit te kom. Die bakstene is ook gebruik as ‘n domkrag onder die bussie se voorste wiel. Dit is nog nie duidelik of die boewe se tyd min was nie, en of hulle net op soek was na sekere onderdele en daarom nie die enjin in sy geheel gesteel het nie.

Die skool het dadelik die polisie in kennis gestel. Teen druktyd was die omvang van die skade nog nie bekend nie en daar was nog geen aanduiding dat enige persone in verband met die diefstal aangekeer is nie.

Die diefstal was soortgelyk die diefstal by die kantore van die Zoutpansberger einde Maart 2015. Die koerant se Toyota Quantum afleweringsbus het gewoonlik oor naweke toegesluit gestaan by die koerant se kantore in Joubertstraat. Diewe het egter oor die laaste naweek van Maart daardie jaar oor die heining geklim en onder meer die bussie se hele ratkas en ewenaar uitgesteel, asook ‘n rits kleiner onderdele. Die diefstal is aanvanklik nie opgemerk nie, want die booswigte het ewe die bussie se vier wiele netjies teruggesit, sodat daar nie dadelik onraad gemerk kon word nie. Die bussie moes teen etlike duisende rande herstel word, sonder dat enige iemand ooit in verband met die diefstal aangekeer is.

 
 
 

Viewed: 1284

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Boewe het oor die naweek 'n bussie van Laerskool Louis Trichardt gestroop vir onderdele, nadat hulle eers die passasiersruit uitgeslaan het en toe bakstene as 'n domkrag gebruik het.

Boewe het oor die naweek 'n bussie van Laerskool Louis Trichardt gestroop vir onderdele. 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT