ADVERTISEMENT:

 

 
 

Streek speel gasheer vir internasionale toernooi

Date: 27 May 2016 By: Andries van Zyl

Vir die eerste keer in die geskiedenis sal die Nandonidam vanjaar optree as gasheer van die ses-jaarlikse Streek 5 Internasionale Swartbaars-hengeltoernooi.

Die toernooi, met SABAA (South African Bass Angling Association) as organiseerder, vind plaas vanaf 11 tot 18 Junie, met die Suid-Afrikaanse Protea-span wat te staan sal kom teen die top swartbaarhengelaars van Namibië, Swaziland, Zambië, Zimbabwe en Mosambiek. “Ons wil graag die titel op tuiswater behou, dus is dit belangrik dat ons wen. In die geskiedenis van die toernooi het Suid-Afrika nog net een keer nie gewen nie,” het spanbestuurder van die Protea-span, Martin Ferreira, Maandag aan die Zoutpansberger gesê.

Die eerste twee dae van die toernooi sal oefendae wees, met die kompetisie wat amptelik op 15, 16 en 17 Junie beslis sal word. Elke land sal toegelaat word om ses bote op die water te sit, met ‘n sewende boot wat as reserwe sal dien. In totaal sal daar dus 42 bote daagliks op die water wees, met twee hengelaars per boot. Punte sal bereken word op die swaarste sak vis, met ‘n maksimum van vyf visse per sak per dag tussen die twee hengelaars.

Alhoewel dit ‘n geslote toernooi is, is inwoners welkom om te kom kyk hoe die ses lande se top hengelaars die ding doen. Daagliks sal daar teen eerste veilige lig (omstreeks 06:30) weggespring word, met die inweeg wat telkens om 16:00 sal plaasvind. Die toernooi vind plaas by die ou Fish Eagle-hengeloord, met die prysuitdeling wat Vrydagaand, 17 Junie, sal plaasvind.

 
 
 

Viewed: 1188

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT