ADVERTISEMENT:

 

 
 

Dr. Philip Venter met ‘n kopié van die nuutse skrywe uit sy pen, Sluimerverse. Dit is ‘n digbundel wat bestaan uit 140 gedigte met uiteenlopende temas.

Eerste digbundel uit plaaslike leraar se pen

Date: 12 May 2016 By: Andries van Zyl

Dr. Philip Venter van Louis Trichardt het onlangs sy eerste digbundel die lig laat sien wat deur uitgewers gepubliseer is.

Die digbundel, getiteld Sluimerverse, is ‘n versameling van 140 gedigte met uiteenlopende temas. “Ek het die tema Sluimerverse gekies, omdat ek meeste van die gedigte vroegoggend geskryf het. Dit is ‘n samevatting van eie ervarings wat ek in dig-formaat neergepen het,” sê Venter.

Die digbundel is sowat twee maande lank al te koop en is goed ontvang. Dit het ook ‘n goeie boekresensie van bekende Suid-Afrikaanse skrywer, digter, skilder en resensent Alexander Kritzinger ontvang. As voorwoord tot die digbundel skryf Kritzinger in sy resensie dat Sluimerverse alles is behalwe sluimerend. “Ds. Phillip Venter het die gawe van 'min is baie' tot reg laat kom. Die bewys dat hy ‘n mense mens is kom duidelik in sy gedigte voor … Nagmaal vir ons ma’s, Luister, Bosveld en Shalom (fyn sarkasties) spreek duidelik tot mens,” skryf Kritzinger. Hy sê Venter se gedigte is vars en ligvoet, soos dit ‘n prediker betaam. “Maar dit is nie die prediker in die bundel wat tot mens (s)preek nie. Definitief ‘n diep genotvolle bundel en plesier om te lees,” skryf Kritzinger.

Dit is nie die eerste publikasie uit Venter se pen nie. Sy eerste publikasie, Ek was daar, het in 1995 verskyn. Die boek is tans in sy sesde oplaag en bevat hoofsaaklik staaltjies en verhale uit die Bosoorlog op die Namibiese grens met Angola, en meer plaaslik die oproer in die “Townships” tydens dieselfde tydperk. Venter het hierdie skrywe opgevolg met die roman Niemandsland sowat ses jaar gelede. Weereens draai die boek rondom die oproer in die “Townships”, maar hierdie keer behels die storielyn ‘n liefdesverhaal. “Ek het ook in 2014 ‘n boek geskryf oor die doop, getiteld Waterskeiding, maar dit is ‘n meer ‘n teologiese skrywe met 'n geestelik inslag. Tans is ek besig met nog ‘n boek met die titel Die Wiel Draai. Dit sal handel oor die praktiese verwesenliking van die vers in die Bybel wat sê: Wat jy saai, sal jy oes,” sê Venter. Hy beoog om teen die einde van hierdie jaar die boek klaar te skryf.

Sluimerverse word uitgegee deur Marleo Publiseerders teen R180 per eksemplaar. Dit kan van Marleo Publiseerders self bestel word by tel. 083 613 7150 of deur vir hulle ‘n e-pos te stuur na [email protected]. Venter self beskik oor ‘n paar eksemplare. Hy kan geskakel word by tel. 083 444 7672.

 
 
 

Viewed: 858

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT