ADVERTISEMENT:

 

 
 

Twee dalk betrokke by talle huisbrake

Date: 05 May 2016 By: Isabel Venter

Twee verdagtes wat daarvan beskuldig word dat hulle gewoontemisdadigers is, het hierdie week in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn.

Die twee mans, die 25-jarige  Edward Mathunyana Madala (ook bekend as Rasta) en Difference Busani Chavalala (32), het op verskeie klagte verskyn wat verband hou met huisbraak in en om Louis Trichardt. Hulle het Dinsdag vlugtig in die hof verskyn. Chavalala staan ook tereg op addisionele klagte van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.

Albei die mans is op 12 Februarie deur die Makhado polisie gearresteer, twee dae nadat hulle glo by die huis van mev. Sophia van den Heever van die Rondebosh-plotte ingebreek het. Madala en Chavalala word daarvan beskuldig dat hulle ingebreek het toe Van den Heever nie by die huis was nie en huis- en elektrieseware van etlike duisende rande gesteel het. Chavalala word ook daarvan beskuldig dat hy twee vuurwapens uit die huis geneem het.

Die twee mans is nog nie gevra om te pleit nie, en moet nog ‘n borgaansoek bring voor die hof. Hulle saak is uitgestel tot 12 Mei om tyd te gee dat ‘n regshulpaansoek afgehandel kan word. Tot dan sal albei steeds in aanhouding bly.

Ná wat verneem word, word die moontlikheid ook deur die polisie ondersoek dat Chavalala en Madala aanspreeklik gehou kan word vir 'n reeks ander huisbrake in Louis Trichardt.

 
 
 

Viewed: 894

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT