ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generic image

Vyf in hof oor onwettige vuurwapen

Date: 23 April 2016 By: Isabel Venter

Vyf vermeende stropers is die naweek aangekeer net voordat hulle glo losgebrand het op renosters.

Die vyf mans, Samuel Ballock Shidzinga (42), Nyelisani Robert Takalani (48), Ariwo Manyiki (28), Robert Tele (39) en Robert Matidza (49), het Dinsdag vlugtig in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn op ‘n klag van die onwettige besit van ‘n vuurwapen.

Volgens polisie-inligting is die mans aangekeer naby Eckland Safaris, ongeveer 30 km noord van Louis Trichard naby die N1. Tydens die mans se arrestasie het die polisie beslag gelê op ‘n ongelisensieerde .375-jaggeweer. Daar word vermoed dat hulle op pad was om renosters te gaan jag.

Die mans se saak is uitgestel tot 26 April, waarna hulle na verwagting ‘n borgaansoek sal bring. 

 
 
 

Viewed: 793

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT