ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generic image

Padwoede moontlik rede vir poging tot moord klag

Date: 09 April 2016 By: Isabel Venter

Padwoede is moontlik die rede waarom ‘n inwoner van Musina nou tereg staan op kriminele aanklagte.

Wessel Woudstra Veldman (58), of Wouter soos hy alombekend staan, het verlede Vrydag in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn op ‘n klag van poging tot moord. Die klag teen hom hou verband met ‘n voorval vroeër die jaar op 10 Februarie.

Wouter het glo op dié dag losgebrand met 'n vuurwapen op ‘n minibus taxi wat voor hom ingesny het terwyl hy en sy passasiers op pad was van Musina na Louis Trichardt. Die voorval het glo naby die Baobab Tolplaza plaasgevind.

Tydens die skietvoorval is ‘n vroulike passasier in die taxi in die maag gewond. Sy is op die pad na herstel nadat sy mediese behandeling ontvang het.

Veldman het Vrydag vlugtig verskyn, maar sy saak is uitgestel omdat daar onder andere nog gewag word vir die uitslag van die ballistiese toetse, en vir die polisie om hul ondersoek af te handel. Veldman sal op 20 Mei weer verskyn.

 

 
 
 

Viewed: 949

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT