ADVERTISEMENT:

 

 
 

Jakkie van der Colff (in die middel, met die geel fietstrui) afgeneem kort voor sy vertrek uit Louis Trichardt Woensdagoggend. By hom staan 'n paar plaaslike fietsryers wat saam met hom tot by Bandelierkop getrap het.

Oom Jakkie wys sy Gryskrag

Date: 08 April 2016 By: Isabel Venter

Soutpansbergers weet maar al te goed - as jy eers van die streek se water geproe het, sal jy altyd terugkom vir nog. Die 74-jarige oom Jakkie van der Colff, in sy kenmerkende geel fietsryhemp, het vandeesweek weer Louis Trichardt binnegery.

Louis Trichardt was sy tweede stop op sy Suiderkruis-fietstoer. Dié toer loop van die verste noordelike punt van Suider-Afrika tot die mees suidelike punt, en dan kruis hy weer dié roete van die ooste na die weste.

Oom Jakkie het Maandag op die plaas Overvlakte, ongeveer 50 km wes van Beitbrug en die mees noordelike punt in Suid-Afrika, reggemaak om weg te spring. Hy het Dinsdag oornag in Louis Trichardt en is Woensdag deur ‘n paar plaaslike fietsryers afgesien wat saam met hom per fiets gery het tot by Bandelierkop.

Dit is nie oom Jakkie se eerste besoek aan die Soutpansberg nie. Hy het in 2014 ook deur die dorp gery as deel van ‘n bewusmakingsveldtog vir die Suid-Afrikaanse Instituut vir Blindes en Ribbons for Roses.

Nou, twee jaar later, het oom Jakkie besluit om weereens sy fiets op te saal vir ‘n ander projek wat as't ware nuwe betekenis sal gee aan die woord gryskrag. Sy Suiderkruis-fietstoer doen oom Jakkie in samewerking met die organisasie Gryskrag.

Gryskrag is ‘n organisasie wat afgetrede mense betrek en bystaan om steeds ‘n deelnemende, verantwoordelike en aktiewe lid van die gemeenskap te wees. Gryskrag sal ook voertuig- en tegniese ondersteuning gee vir oom Jakkie.

Tydens sy toer van 4 200 km in 50 dae, beplan oom Jakkie om by verskeie aftree-oorde te stop waar hy praatjies sal lewer om blootstelling aan Gryskrag te gee.

Lesers kan meer uitvind oor oom Jakkie se toer en sy vordering volg op die Suiderkruis Fietstoer se Facebook-blad. Daar sal hy, soos wat hy kans kry, sy ervarings en foto’s deel.

 

 
 
 

Viewed: 3015

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Oom Jakkie van der Colff (74) in die waters van die Limpoporivier, naby die plaas Overvlakte, vanwaar hy vertrek het op sy Suiderkruis Fietstoer. Foto verskaf.

Die 74-jarige Jakkie van der Colff maak reg om uit Louis Trichardt te vertrek.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT