ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generic image

Bloedskande-pa weer in hof

Date: 02 April 2016 By: Isabel Venter

Die stiefpa van Louis Trichardt wat van bloedskande aangekla word, het verlede Woensdag weer vlugtig in die hof verskyn.

Die man, ‘n bekende sakeman in die dorp, word daarvan beskuldig dat hy 'n verhouding gehad het met sy stiefdogter en haar swanger gemaak het, kort ná die dogter se 16de verjaarsdag.

Dit is juis om hierdie rede dat die Staat besluit het om ‘n klag van statutêre verkragting te laat vaar en eerder ‘n klag van bloedskande te bring. In terme van die Wet op Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede (Wysigingswet 32 van 2007), word ‘n stiefkind geag asof hy/sy die stiefouer se biologiese kind is.

Die man het nog nie gepleit nie, en omdat die baba 'n minderjarige is, mag die man se identiteit nie bekendgemaak word nie.

Ná nog ‘n vlugtige hofverskyning is die man se saak uitgestel tot en met 18 Mei vir pleit- en verhoorverrigtinge. In terme van die Seksuele Misdrywe Wet en die Wet op Minimum Vonnisse kan die man lewenslange tronkstraf opgelê word. Die man is nie in aanhouding nie en is net gewaarsku om weer in die hof te verskyn.

 

 
 
 

Viewed: 1031

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT