ADVERTISEMENT:

 

 
 

Spook toe skaam

Date: 29 January 2016 By: Isabel Venter

Die Zoutpansberger se spookstorie het nie visueel gerealiseer nie. Die koerant se span “spookjagters” het verlede week die “dwalende besoeker” aan Louis Trichardt gaan voorlê, maar die spook wou nie hom- of haarself wys nie. Hierdie spook verskyn glo van tyd tot tyd aan ‘n sakeman van die dorp, wat anoniem wil bly.

“Dit is jammer dat die spook nie vanaand hier is nie,” het die man opgemerk. “Ek weet daar is nou baie mense wat gesê het dit is nie waar nie, maar niemand kon nog met ‘n redelike verduideliking na vore kom nie ... mens glo óf in spoke óf nie ... en ek glo dit ... ek het die ligskynsel gesien en dit was in die vorm van ‘n mens,” het die man gesê. Hy het verwys na ‘n video-opname wat hy op sy sekuriteitkamera vasgevang het van ‘n onverklaarbare lig wat vanuit die niet voor die kamera se gesigsveld in sy stoor verbyskuif. Ongelukkig het hy die foto’s en opnames hiervan verloor.

Hopelik kom die spook gou weer, sodat daar nog ‘n foto geleentheid sal wees.

 
 
 

Viewed: 284

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT