ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generic image

Skool dankbaar vir 100% slaagsyfer

Date: 21 January 2016 By: Isabel Venter

As gevolg van ‘n moeilike akademiese jaar landwyd en verswakking in nasionale en provinsiale uitslae, was daar rede om besorg te wees.

Die Emmanuel Christelike Skool net buite Louis Trichardt was eweneens bekommerd oor hul 2015 matriekklas se finale uitslae. Hulle akademiese strewe is om hulle 100% matriek slaagsyfer elke jaar te ewenaar.  

Dit was met groot blydskap en dankbaarheid dat hulle 2015 Graad 12-klas die nuus ontvang het dat hulle vir die 22ste jaar agtermekaar weer ‘n 100% slaagsyfer behaal het.

Die 31 leerlinge wat die eindeksamen afgelê het, het almal geslaag. Daar het 21 leerlinge met universiteitstoelating (baccalaureus) sertifikate en tien met diploma sertifikate geslaag. Die groep het altesaam 18 onderskeidings en 33 B-simbole behaal.

Hierdie jaar was die skool se top leerlinge, met drie onderskeidings elk, Candidah Nephawe en Thakhani Netshidzivhe.

“Die skool gee al die eer aan die Here Jesus Christus vir Sy guns en genade oor die jare en is dankbaar vir die hardwerkende personeel en leerlinge,” het die skool gesê.

 
 
 

Viewed: 413

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT