ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle Anton Peyper (47). Foto verskaf.

Anton Peyper (47) skielik oorlede

Date: 21 January 2016 By: Andries van Zyl

Inwoners van Louis Trichardt en omstreke het die afgelope vakansie met skok en hartseer verneem van die skielike dood van die 47-jarige mnr. Anton Peyper.

Mnr. Peyper is kort na middernag op 26 Desember skielik oorlede, pas nadat hy Kersdag saam met sy familie gevier het. “Nie ons wil nie, maar God se wil geskied,” het sy vrou Alet gesê.

Anton was 'n ware steunpilaar vir sy gesin en ook die inwoners in en rondom Louis Trichardt. Hy was sedert 1997 woonagtig hier en was die laaste paar jaar baie betrokke by die Soutpansberg Dorpswag. “Hy het gehelp waar hy kon en sal verseker baie gemis word,” sê Alet.

Wyle Anton word oorleef deur sy vrou en seuns, Thinus (23) en Dolf (13). ‘n Roudiens vir hom is op 31 Desember vanuit die Volle Evangelie Kerk hier gehou.

Die gesin het hul opregte dank uitgespreek teenoor al die dorpswaglede wat die nag opgedaag het om te kom help , asook vir Dirk en Lianie wat ná alles saam met hulle huistoe gegaan het. “Dan ook 'n spesiale dankie aan tannie Maud, dr. Anneke Malan en die personeel van die Zoutpansberg Privaathospitaal wat so hard probeer het. Dankie ook aan ons vriende en die gemeenskap vir al die boodskappe, besoeke, finansiële bydraes en al jul ondersteuning, asook Martin's Begrafnisondernemers vir julle professionele diens. Dit word alles opreg waardeer,” het die gesin gesê.

 
 
 

Viewed: 296

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT