ADVERTISEMENT:

 

 
 

Thabelo Tharini word bygestaan deur noodhulppersoneel, kort nadat twee mans op hom geskiet het. 

Sinnelose geweld

Date: 18 January 2016 By: Isabel Venter

Wat skort in Louis Trichardt? Ernstige geweldsmisdaad in die Louis Trichardt-omgewing het in die nuwe jaar hervat waar dit afgesluit het in 2015.

Verlede week se uitgawe van die Zoutpansberger, wat vertel het van mnr. Japie van Heerden se nagmerrie-ervaring, was skaars uit op straat, toe is nog twee mense aangeval.

André van der Walt, ‘n oud-inwoner van die dorp, is Saterdag deur twee ongemaskerde mans voorgekeer terwyl hy probeer geld trek het by die FNB OTM in die Checkers-kompleks op die hoek van Munnik- en Songozwistraat.

André was op pad om vir sy broer in Musina te gaan kuier. Hy het by die OTM gestaan en gesels met ‘n familie-vriendin van sy broer, toe twee mans hulle genader het.

Die mans het messe by hulle gehad en André en die vrou (wat anoniem wil bly), tot by André se bakkie geforseer. In die bakkie het die rowers André beveel om koers te kry na die Hanglip Bosbou-area. Naby die hoek van Stubbs- en Rivierstraat het die rowers André beveel om af te trek in die grondpad en in die bosse stil te hou.

“Toe ons stilhou, het hulle gesê ek moet uitklim. Een van die mans het my toe begin steek met die mes,” het André Dinsdag gesê. Die ander rower, volgens André, het aanvanklik nie betrokke geraak by die struweling nie.

Dit was eers toe André en die eerste aanvaller tydens die gestoei op die grond land, dat die tweede rower tot hulp van sy makker gekom het. Dié rower het ‘n baksteen beetgekry en vir André daarmee herhaaldelik oor die kop geslaan, totdat hy half bewusteloos was.

Terwyl André op die grond gelê het, het die twee rowers sy bakkie leeggesteel. Buiten vir die kontant wat hulle gebuit het, het die rowers ook sy bank- en lisensiekaarte en selfone gevat. Selfs die sleutels van sy bakkie, asook dié van sy maatskappyvoertuig, het die rowers gesteel.

Hierna het die rowers op die vlug geslaan. Die vrou wat saam met André was, is erg getraumatiseerd en het ‘n klein snywond opgedoen aan haar hand toe sy probeer help het. Hulle het na die pad gestap, waar hulle toe hulp kon ontbied. André het heelwat snywonde aan sy hande, arms en kop opgedoen en moes hospitaal toe geneem word vir steke.

“Weet jy, op die ou einde kos al die goed wat hulle gesteel het baie geld, maar dit is nie jou lewe werd nie,” het André gesê. Hy het ‘n beroep gedoen op inwoners om meer paraat te wees oor wat in hul onmiddellike omgewing aangaan.

Dinsdag het nog ‘n man van Louis Trichardt die slagoffer geword van ‘n gewapende roof.

Thabelo Tharini is Dinsdagmiddag deur twee onbekende mans aangeval naby die hoek van Grobler- en Pretoriusstraat. Een van die mans het ‘n ligte kaliber vuurwapen gehad en vir Tharini in die bors geskiet. Die Makhado polisie het Woensdag bevestig dat die koeël Tharini net onder sy sleutelbeen getref het, en dat hy herstel in die Louis Trichardt Provinsiale Hospitaal. Volgens plaaslike polisiewoordvoerder konst. Irene Radzilane is niks by Tharini gesteel nie. Teen druktyd het Radzilane bevestig dat daar ook nog geen arrestasies ten opsigte van die aanvalle op Van der Walt en Tharini gemaak is nie.

 
 
 

Viewed: 3657

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Polisie, lede van die Soutpansberg Dorpswag en noodhulpwerkers omring Thabelo Tharini, wat op die grond lê. Hy is Dinsdagmiddag in die omgewing van Groblerstraat deur twee mans genader, wat summier 'n vuurwapen op hom gerig en hom in die bors geskiet het. 

Thabelo Tharini word bygestaan deur noodhulppersoneel, kort nadat twee mans op hom geskiet het. 

André van der Walt sê hy is gelukkig om te leef. Hy was Saterdag die slagoffer van 'n gewapende roof, en moes verskeie steke kry om al die snywonde aan sy kop en hande weer te heg. Foto's verskaf.

André van der Walt sê hy is gelukkig om te leef. Hy was Saterdag die slagoffer van 'n gewapende roof, en moes verskeie steke kry om al die snywonde aan sy kop en hande weer te heg. Foto's verskaf.

André van der Walt sê hy is gelukkig om te leef. Hy was Saterdag die slagoffer van 'n gewapende roof, en moes verskeie steke kry om al die snywonde aan sy kop en hande weer te heg. Foto's verskaf.

André van der Walt sê hy is gelukkig om te leef. Hy was Saterdag die slagoffer van 'n gewapende roof, en moes verskeie steke kry om al die snywonde aan sy kop en hande weer te heg. Foto's verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT