ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle Sabeer Ahmed (41). Foto verskaf.

Jong sakeman se dood kom as skok

Date: 13 November 2015 By: Andries van Zyl

Inwoners van Louis Trichardt en veral Eltivillas staan steeds verstom oor die nuus van die skielike dood van welbekende jong sakeman mnr. Sabeer Ahmed.

Die 41-jarige Sabeer is Vrydagmiddag, 30 Oktober, dood ná‘n skietvoorval hier en die saak word tans ondersoek.

Sabeer is op 28 Februarie 1974 gebore en het grootgeword in Louis Trichardt. Hy was die seun van mnr. Mohamed Omar Ahmed wat vir jare die eienaar was van Bobs Furniture. Die laaste vyf jaar was Sabeer woonagtig in Kaapstad, alhoewel hy nog steeds sy drie hardeware winkels hier bedryf het.

Sabeer was 'n baie suksesvolle besigheidsman, veral in die hardeware besigheid, waar hy op 19-jarige ouderdom Giyani Hardware gehad het. Daarna het hy uitgebrei na Malamulele, waar hy ook twee suksesvolle hardewarewinkels geopen het. Malamulele Hardware is die grootste hardwarewinkel in Malamulele. Hy was baie gewild in dié areas aangesien hy vlot Shanghaan en Venda kon praat.

Familie en vriende het Sabeer beskryf as ‘n “mens mens” en hy het altyd probeer om almal gelukkig te hou. Hy was baie streng, maar regverdig en het goed na sy werkers omgesien. Sy werknemers het met swaar harte van hom afskeid geneem op Saterdag, 31 Oktober, tydens sy begrafnis en is nog steeds verslae oor sy skielike dood. Hy word oorleef deur sy pa, ma en twee susters.

 
 
 

Viewed: 409

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT