ADVERTISEMENT:

 

 
 

Hierdie foto van twee olifante wat lekker staan en bad is deur fotograaf Sandra Boshoff van die plaas Ratho geneem.

Tyd raak min om beste kalenderfoto’s in te skryf

Date: 12 November 2015 By: Andries van Zyl

Die tyd raak min om in te skryf vir die Zoutpansberger en Limpopo Mirror se gewilde jaarlikse kalenderfoto-kompetisie.

Vanjaar het die streek se fotograwe tot Vrydag, 27 November, om 12:00 kans om hul foto’s in te skryf. “Let daarop dat ‘n maksimum van slegs vyf foto’s ingestuur kan word. In die verlede het sommige fotograwe ‘n CD met tot 30 foto’s daarop ingestuur met die versoek dat die koerant maar self vyf moet kies. Ons gaan dit nie weer doen nie en fotograwe moet asseblief self besluit wat is hul vyf beste inskrywings,” sê Andries van Zyl, nuusredakteur van die Zoutpansberger.

Oudergewoonte word daar gesoek na daardie spesiale foto wat die uniekheid van die Soutpansberg-streek uitbeeld, met die klem wat hierdie keer sal val op die Soutpansberg se erfenisskatte soos ondermeer unieke landmerke en besienswaardighede. Ruimte word egter steeds gelaat vir wildlewe foto’s vanuit die Kruger Nasionale Wildtuin.

Enige iemand kan vir die kompetisie inskryf en enige een staan die kans om in aanmerking te kom vir die R8 400 in totale prysgeld. Vanjaar sal daar egter bietjie meer klem wees op die tegniese aspekte van die foto-inskrywings soos beligting, skerpheid en komposisie.

Slegs hoë-resolusie digitale foto’s sal aanvaar word. Geen selfoonfoto’s sal oorweeg word nie. Die foto’s kan in hoë resolusie (niks minder as 1MB) per e-pos gestuur word, of op CD of geheuestokkie ingehandig word by die kantore van die Zoutpansberger te Joubertstraat 16B in Louis Trichardt. Elke inskrywing moet vergesel wees van die fotograaf se naam, kontakbesonderhede, waar die foto geneem is en met watter kamera dit geneem is.

Uit die inskrywings sal die koerantgroep 12 wenfoto’s kies wat opgeneem sal word in ‘n A2-formaat, volkleur 2016-kalender. Elk van die wenfoto’s sal teen R700 by die fotograaf aangekoop word. Die kalender sal deur die Zoutpansberger en Limpopo Mirror gebruik word vir bemarkingsdoeleindes, maar sal ook aan die publiek beskikbaar gestel word om te koop teen ‘n minimale bedrag.

Vir meer inligting oor die kompetisie, skakel Andries by tel. 082 603 2419 of 015 516 4997 (tydens kantoorure). Inskrywings kan ook aan hom gestuur word per e-pos na [email protected]. Meegaande is twee van die inskrywings wat reeds ontvang is.

 
 
 

Viewed: 183

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Fotograaf Wouter Veldman van Musina het bietjie tegniese kennis gebruik om hierdie aandtoneel van die sterreruim te neem by Klein Baloyi naby Musina.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT