ADVERTISEMENT:

 

 
 

Makhado

Soutpansberg word al meer gevaarliker

Date: 02 October 2015 By: Isabel Venter

Is die Soutpansberg-streek besig om gevaarliker te word? Dit is ‘n moeilike vraag om te antwoord as daar gekyk word na die nuutste misdaadstatistieke wat hierdie week bekendgemaak is. Die jongste statistieke, wat deur Statistiek Suid-Afrika goedgekeur is, is vir die tydperk vanaf April 2014 tot Maart 2015.  Limpopo se polisiekommissaris, lt-gen. Fanie Masemola, sal die syfers amptelik hierdie komende Donderdag (vandag) bekendmaak.

Volgens die misdaadsyfers is die Louis Trichardt-area die onveiligste, in vergelyking met Musina en Levubu. In hierdie tydperk het die totale hoeveelheid misdaadgevalle met 181 meer as die vorige boekjaar se 2 515 gestyg. Musina toon ‘n afname van 120 (van 2 304) gevalle en Levubu 79 (van 1 383).

Veral die boere in hierdie drie areas sal verheug wees om kennis te neem dat daar in die jongste tydperk geen gevalle van veediefstal aangemeld is nie - aldus die nuwe misdaadstatistieke.

Geweld-, seks- en kontakmisdade se syfers het wipplank gery in al drie die areas. In die Makhado-area het die aantal moordsake van 5 tot 9 vermeerder. In beide Musina en Levubu polisiestasies is daar een meer moord as die vorige jaar aangemeld. Musina se aantal moorde het gestyg van nege tot 10 en Levubu s'n van agt tot nege.

Klagte van roof met verswarende omstandighede het by Makhado en Musina ‘n afname getoon. In die Makhado area het dié sake van 160 na 147 verminder en in Musina van 171 tot 141. In die Musina area het die aantal sake egter van 73 tot 81 gestyg.

Seksmisdade het by al drie stasies ‘n afname getoon. By Makhado is daar vier gevalle minder as die vorige tydperk se 42 aangemeld. In Musina daal die syfers drasties van 97 tot 60 en in Levubu van 63 tot 52.

Dit blyk verder ook dat die streek steeds vasgevang is in die wurggreep van ‘n toenemend-gewelddadige samelewing. Inbrake by huise en besighede, byvoorbeeld, het nie by al die stasies ‘n afname getoon nie.

In Makhado het die gevalle van huisbrake toegeneem van 282 tot 316 en by besighede van 173 tot 205. In Musina het die gevalle van huisbrake onveranderd gebly op 229 gevalle vir die tydperk en by besighede van 102 tot 72 gevalle afgeneem. In Levubu het huisbrake verminder van 188 tot 152 gevalle en by besighede toegeneem van 94 tot 97 gevalle.

Huis- en besigheidsrowe, daarenteen, het ‘n skerp toename getoon. In Makhado styg huisrowe van 23 gevalle tot 38, terwyl besigheidsrowe van 26 tot 17 gevalle afneem.

In Musina styg besigheidsrowe van 4 tot 7, en daal huisrowe van 51 gevalle tot 48. In Levubu neem huisrowe toe van 9 tot 17 gevalle, terwyl rowe by besighede afneem van 21 tot 17.

Instede van ekstra veiligheidsmatreëls in plek te stel, kan inwoners dalk hul waardevolle besittings in hul motors bewaar. Vir die jongste boekjaar is daar geen voertuie of motorfietse as gesteel aangemeld by die Makhado, Musina en Levubu polisiestasies nie. Die gevalle het by die onderskeie stasies afgeneem van 29, ses en vier tot nul.

Dwelmverwante misdrywe, daarteenoor, het steeds ‘n toename gewys. In Makhado neem die gevalle toe van 136 tot 229, in Musina van 135 tot 197 en in Levubu van 215 tot 252.

 
 
 

Viewed: 231

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Levubu

Musina

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT