ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generic image

Kommer oor bek-en-klou uitbraak in Zim

Date: 11 September 2015 By: Andries van Zyl

Agri Limpopo het met groot ontsteltenis kennis geneem van die uitbreek van bek-en-klouseer in die suide van Zimbabwe.

Volgens mnr. Leon Borcherds, president van Agri Limpopo, is dit vir die uitvoerbedrywe van landbou in Limpopo van grootste belang dat Suid Afrika sy siektevryestatus sal behou, aangesien vee en wild ’n aansienlike bydrae lewer tot boerdery-inkomste in die provinsie.

“In die tye toe die grensheining en teerpad op ons noordelike grens nog in stand gehou is, was sulke uitbrake in ons noordelike buurlande nie bedreigend nie. Nou is die situasie anders,” het Borcherds in ’n persverklaring gesê. Hy het derhalwe ’n ernstige beroep gedoen op die nasionale regering om alle beskikbare middele tot hul beskikking aan te wend om te voorkom dat bek-en-klouseer na Limpopo versprei.

Agri Limpopo is reeds van die beplanningsfase van die Corona-projek daarby betrokke. Corona beoog om die grensheining en grenspad sodanig te herbou dat dit vir die volgende dekades funksioneel sal wees. Dit sluit ook ’n behoorlike instandhoudingsplan in. “Gesien in die lig van die groot bedreiging wat dier-gedraagde siektes vir ons eie veekuddes en wildstroppe inhou, vra ons dat die voltooiing van die Corona-projek as uiterste hoë prioriteit hanteer moet word,” het Borcherds gesê.

Intussen werk Agri Limpopo en Agri SA ten nouste saam met die staatsdepartemente en privaatsektor wat met Corona gemoeid is, om boere se persoonlike veiligheid, dié van hul werkers en die gesondheid van hul vee te bevorder.

 

 
 
 

Viewed: 188

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT