ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle Koos Gerber (69). Foto verskaf.

Koos Gerber skielik oorlede

Date: 28 August 2015 By: Andries van Zyl

Vir die familie en vriende van mnr. Koos Gerber (69) van Louis Trichardt het die nuus van sy skielike dood as groot skok gekom.

Wyle Koos is op 11 Augustus, slegs dae nadat hy op 8 Augustus ‘n suksesvolle dikdermoperasie by die Krugersdorp Privaathospitaal ondergaan het, aan nierversaking oorlede. Hy is Woensdag, 19 Augustus, vanuit die AP Kerk Louis Trichardt begrawe.

“Hy het altyd tyd gemaak vir mense, veral sy kleinkinders, al was hy moeg," onthou eggenoot Annatjie haar man.

Koos is begrawe uit die kerk waarvan hy een van die stigterslede was en was aktief betrokke by beide die bou van die kerk, asook die pastorie. Sy kennis as bouer het hom hiermee gehelp en het hy tot sy aftrede sy eie boumaatskappy, Philko Bouers, bedryf. Ná sy aftrede het hy egter steeds mense uitgehelp met bouwerk waar hy kon.

“Hy was ‘n groot kerkman met ontsettende vaste beginsels,” sê Annatjie. Die familie het in 1980 na Louis Trichardt verhuis.

Koos het van kindsbeen af ‘n liefde gehad vir duiwe vlieg. Vir jare was hy ‘n aktiewe lid van die Soutpansberg Posduifklub en het ook as hul sekretaris opgetree. “Dit is met leedwese dat ons moes afskeid neem van Koos, wat baie jare aan die duiwesport deelgeneem het … Ons innige meegevoel gaan aan al sy familie en vriende,” is die boodskap van sy klubmaats.

Wyle Koos word oorleef deur sy vrou Annatjie, kinders Philip, Annatjie en Jeanette en sewe kleinkinders.

 
 
 

Viewed: 405

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT