ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generic image

Mans in sop oor geveg met kroegman

Date: 21 August 2015 By: Isabel Venter

Twee inwoners van Alldays is in die sop, nadat hulle glo ‘n kroegman so erg aangerand het dat hulle sy been gebreek het.

Björn Graham Bell (33) en Aire Waldo Marais (25), altwee van Elandshoek, is reeds gedurende 2013 in hegtenis geneem na ‘n voorval by die Monala Lodge naby Alldays. Hulle saak is verskeie kere uitgestel om die polisie kans te gee om die ondersoek af te handel en is op 4 November 2014 tydelik teruggetrek. Met die afhandeling van die saak is dit weer aan die begin van Augustus hierdie jaar op die rol van die Louis Trichardt Streekshof geplaas.

Bell en Marais staan tereg op ‘n klag van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer en naamskending.

Dié klagte hou verband met ‘n voorval op 25 November 2013 toe Bell en Marais besoekers was aan die lodge. Hulle het glo buite hulself van woede geraak toe die kroegman, mnr. Swethani Albert Mudau, vir hulle die verkeerde drankies gebring het. Die twee het hom toe blykbaar begin skop en slaan en uitgeskel as ‘n k#f%r.

Mudau se regter knie het in die aanval ‘n fraktuur opgedoen.

Bell en Marais het op 11 Augustus weer in die hof verskyn en onskuldig gepleit op al drie die klagte teen hulle. Hulle saak is uitgestel tot 14 September.

 
 
 

Viewed: 293

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT