ADVERTISEMENT:

 

 
 

Laerskool Louis Trichardt se 2015-prefekte, van hul ouers en die prefektevoogde het Vrydag, 14 Augustus, bietjie hande vuilgemaak met ‘n opruimingsaksie in die strate rondom die skool. In ‘n kwessie van ‘n uur-en-‘n-half het die groep ‘n astronomiese 62 swartsakke vol vuilgoed bymekaargemaak. Foto verskaf.

Prefekte maak hul hande vuil vir skoner omgewing

Date: 20 August 2015 By: Andries van Zyl

Die prefekte van Laerskool Louis Trichardt het saam met hulle ouers en die prefekvoogde op Vrydag, 14 Augustus, ‘n opruimaksie geloods om rommel op te tel. 

Die doel van die opruimaksie was om die leerlinge van die skool en die inwoners van die dorp bewus te maak van die al groter wordende rommelprobleem en dat dit elkeen se verantwoordelikheid is om iets daaromtrent te doen.

Na aanleiding van die kritiek wat in 2014 ontvang is, toe die prefekte die openbare park by die infosentrum gaan skoonmaak het, is besluit om eerder die strate rondom die laerskool en die De Beer Park te gaan opruim.  Die strate tussen Munnik-, Songozwi-, Rissik- en Celliersstraat is skoongemaak. “Dit is immers ‘n woongebied en word dus nie bemors deur nie-inwoners wat die dorp bloot besoek nie,” het die prefekgroep gesê.

Altesaam 62 sakke vol rommel is in ‘n uur-en-half se tyd opgetel. “Dit is skokkend om te sien hoeveel rommel gestort word in die stroompies en op leë erwe, terwyl die munisipaliteit wel ‘n diens verskaf om rommel op Donderdae te kom verwyder,” het die prefekte opgemerk. Net op die hoek van Munnik en Joubert straat alleen het hulle 12 swartsakke vol rommel opgetel.

“As elke gesin of besigheid elke dag die papiere voor hulle perseel optel, neem dit 10 minute en die straat is skoon.  Ná ‘n week het die papiere die wêreld vol gewaai en die stormwaterdreine verstop, en ná ‘n maand is daar ‘n ashoop op ‘n leë erf of in ‘n stroompie,” sê die groep. Hulle het verwys na ‘n Keniaanse spreuk wat lui: “Treat the earth well, it was not given to you by your parents, but loaned to you by your children”.  In dié verband het die prefekte gemaan dat as inwoners nie self begin om iets aan die dorp se rommel probleem te doen nie, daar niks gaan oorbly vir vandag se kinders se kinders.

 
 
 

Viewed: 262

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Net op die hoek van Munnik- en Joubertstraat alleen het hulle 12 swartsakke vol rommel opgetel. Dit was vir die kinders skokkend om te sien hoe vuil die dorp is en dat so min inwoners self iets aan die probleem doen deur byvoorbeeld bloot voor hul eie huise skoon te maak. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT