ADVERTISEMENT:

 

 
 

Plaaslike brandweermanne trek die seile af sodat hulle die brand onder beheer kan bring. Die vragmotor het verlede Donderdag aan die brand geraak op die N1-suid.

Brande teister streek te midde van verbod

Date: 07 August 2015 By: Isabel Venter

Te midde van die Soutpansberg-streek se brandverbodperiode sal die Zoutpansbergerhierdie jaar weer, in samewerking met die Makhado Fire Protection Association (MFPA), ‘n brandgevaarindeks aan lesers bekendstel.

Tradisioneel tree daar altyd ‘n brandverbond in werking vanaf die begin van Augustus soos wat die streek warmer en droër word. Hierdie jaar het die streek egter al voor die tyd swaar gebuk gegaan onder tientalle verwoestende brande.

Een só ‘n brand was die naby die MacDonalds se plaas, Bush Valley, naby Ridgeway College in Leeustraat, waaroor die koerant verlede week berig het.

Hierdie brand was skaars geblus toe moes die plaaslike brandweer hulle haas na die toneel van ‘n volgende brand, vroeg Donderdagoggend. ‘n Vragmotor, wat ongevoude verpakkingsmateriaal vervoer het, het net voor Louis Trichardt, op die N1-suid, in vlamme uitgebars.

Die vragmotorbestuurder, mnr. Wessel Pieterse, vertel hy het nog die een oomblik bestuur toe hy skielik ‘n harde knal gehoor het. “Toe ek in die spieëltjie kyk, het ek net sparks gesien,” het hy kort ná die brand uitgebreek het aan die koerant vertel. Die materiaal wat hy vervoer het, was bestem vir Sandquest Farms se tamatieplaas naby Pafuri op die grens tussen Suid-Afrika en Zimbabwe.

Pieterse het kop gehou en kon die kajuit afhak en buite gevaar parkeer, voordat die sleepwa in ligte laaie gestaan het. Die brand het by die heel agterste wiele uitgebreek en blitsig die vrag aan die brand gesteek. Teen die tyd wat die plaaslike brandweer op die toneel gearriveer het, was die agterste sleepwa amper al uitgebrand.

‘n Klein deel van die voorste sleepwa se vrag kon van die vlamme gered word, danksy die hulp van Recam se bestuurder, mnr. Wikus van Rensburg, wat ‘n vurkhyser beskikbaar gestel het om die vrag te skuif.

Ongelukkig moes die res van die sleepwa en vrag gelos word om self uit te brand, nadat die brandweer se water opgeraak het. Die verkeersvloei is ook vir 'n paar uur opgehou tot dit weer veilig was om die N1 oop te stel vir verkeer.

[Kliek hier vir meer foto's]

 
 
 

Viewed: 2685

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT