ADVERTISEMENT:

 

 
 

 Elkeen se bydrae het daartoe gelei dat die skoolgebou, terrein en vrugteboord goed daar uitsien ná afloop van die Mandeladagvieringe wat op 21 Julie by Mara Gekombineerde Skool plaasgevind het. Verskillende instansies en groeperings het kom help. Hier verskyn 'n aantal van die helpers. Foto verskaf.  

Buys-gemeenskap baat by Mandeladag vieringe

Date: 31 July 2015 By: Linda van der Westhuizen

Die Mara Gekombineerde Skool in Buysdorp het ‘n nuwe voorkoms en hul kinders het meer geleer van padveiligheid tydens hul Mandeladagvieringe op 21 Julie.

Die padveiligheidsdepartement het besluit om hul 67 minute vir Mandeladag by Mara te spandeer. Mnre. Duncan Mudau (padveiligheid) en Solomon Manganye (spesiale programme) en me. N.P. Magidi (padveiligheid) het leerders touwys gemaak oor die gebruik van verskillende padtekens.

Op die skoolterrein was dit ‘n miernes van bedrywigheid. Raadslid M. Kutama van Wyk 26, lede van die skool se beheerliggaam, die Buysdorp Bestuurskomitee, lede van die Buysdorp Gemeenskapsgroep, die jeug, asook lede van die gemeenskap, het almal skouer aan die wiel gesit. “Lede van die EPWP (Extended Public Works Programme) onder leiding van me. Martha Nalana het ook hul deel gedoen deurdat hulle klaskamers skoongemaak en ook met die verfwerk gehelp het,” het mev. Verna Lawrence, onderwyser van die skool en woordvoerder vir die geleentheid, gesê.  Klaskamers het ‘n splinternuwe laag verf gekry en bestuurslid mnr. Clinton Buys het self ook ingespring en ‘n verfroller hanteer.

“Elkeen se bydrae het daartoe gelei dat die skoolgebou, terrein en vrugteboord goed daar uitsien. Die verf was ‘n geskenk aan die skool. Die skool sou iemand moes huur om die verfwerk te doen. Dit sou egter moes gewag het, aangesien Mara Gekombineerde Skool ‘n geen-skoolfonds instelling is en derhalwe van fondsinsameling en donasies afhanklik is,” het Lawrence gesê.

Die voormalige hoof, me. Joyce Vilander, het op haar beurt aangedui dat sy en ‘n span dit ‘n maandelikse instelling gaan maak om die skoolgronde in stand te hou, aangesien die skool nie in staat is om ‘n werknemer aan te stel nie.

Die dag is verder opgevrolik deur me. Cecilia Buys en haar span wat  kospakkies opgemaak het en aan die leerders uitgedeel het. Die inhoud is verskaf deur Gift of the Givers. Plaaslike skilder mnr. Aurean Buys het skilderye aan die skool geskenk, een daarvan wat hy op die terrein geverf het. Mnr.  Gideon Buys, oud-bestuurslid, het ‘n bakkievrag heerlike nartjies geskenk en die kosmaakspan het gesorg dat elkeen hul dag afsluit met iets te ete.

“Namens die hoof, me. C.R. Kgadima, en die vier onderwysers wil ons net ons opregte dank uitspreek aan almal wat van die dag so ‘n groot sukses gemaak het,” het Lawrence gesê.

 
 
 

Viewed: 609

 

 
 

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 
 

More photos... 

Die padveiligheidsdepartement het besluit om hul 67 minute vir Mandeladag by Mara Gekombineerde Skool  te spandeer.   Die leerders het met eenwiel- stootkarretjies op `n mat gery, wat soos ‘n miniatuurpad uitgelê was. Dit het ten tye van die skoonmaakdag op 21 Julie plaasgevind. Foto verskaf.

Raadslid M. Kutama van wyk 26 (links) en  me. Verna Lawrence, onderwyser van die skool en woordvoerder vir die Mandaeladag-geleentheid, tydens die groot skoonmaakpoging by Mara Gekombineerde Skool. Foto verskaf.  

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT