ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generc image

Nie almal wys BAD-pasiënte weg nie

Date: 26 June 2015 By: Andries van Zyl

Het die publiek rede tot kommer indien hulle ‘n besering aan diens opdoen en die moontlikheid bestaan dat die Ongevallefonds nie hul mediese behandeling gaan betaal nie?

Dit is die vraag in menige se gemoed met die wete dat die administrasie van die Ongevallefonds in ‘n erge chaotiese toestand is en dat alle betalings van eise en rekeninge ten opsigte van die Ongevallefonds bykans tot stilstand gekom het. Meer kommerwekkend is dat baie dokters en mediese praktisyns begin het om BAD (Besering aan diens) pasiënte weg te wys.

Wat is egter plaaslik die situasie?

Die Zoutpansberger het na aanleiding hiervan verskeie dokters en mediese praktisyns gevra wat hul ervaring is ten opsigte van die behandeling van BAD pasiënte en of hulle ook pasiënte begin wegwys het.

Dit was duidelik dat almal probleme ondervind ten opsigte van eise wat teen die Ongevallefonds ingedien word. Op ‘n positiewe noot het al die dokters en mediese praktyke egter aangedui dat hulle nog nooit ‘n BAD pasiënt weggewys het nie.

Dokters Fred Badenhorst en Emile Gaigher is van die medici wat steeds betaling ontvang, aangesien hulle van CompSol gebruik maak. So ook het mev. Anneke Stroebel van die Zoutpansberg Privaathospitaal aangedui dat hulle van CompSol gebruik maak. “CompSol doen egter nie die Staatsinstansies (soos die Departement van Gesondheid, Arbeid ens.) nie en dit is waar die administratiewe proses ernstig probleme ondervind. Mens kry reeds ‘n verminderde tarief en spandeer duur ure aan die administrasie van die geval,” het Stroebel gesê.

Ten spyte van “middelmanne” soos CompSol en Navitas (die stelsel wat plaaslike fisioterapeut me. Elmien van der Goot gebruik), is daar steeds ‘n wagperiode om betaling te ontvang, met sommige wat langer as ander wag. “Wanneer al die papierwerk gedoen is (en dit is baie) en al die vrae beantwoord is, gaan dit gewoonlik vinnig – so tussen een en drie maande,” sê Stroebel. Dokters Badenhorst en Gaigher sê op hulle beurt dat dit afhang van eis tot eis. “Soms is dit vinniger as ander kere,” het hulle gesê. Van der Goot is egter minder gelukkig en sê haar minimum wagperiode om betaling te ontvang is 18 maande.

Op die vraag of probleme met die betaling van Ongevallefonds rekeninge 'n relatiewe nuwe tendens is, was dit net dokters Badenhorst en Gaigher wat gesê het dat hulle sedert April vanjaar probleme ondervind. “Dit gaan al jare so, selfs voor 1994. Dit is juis as gevolg van die probleem dat ‘n maatskappy soos CompSol tot die mark toegetree het,” was Stroebel se reaksie. Van der Goot het aangedui dat sy sedert sy haar praktyk in 1998 oopgemaak het al probleme met betalings het. “Dit gaan wel beter vandat ek iemand as derde partygebruik om geld in te vorder,” het Van der Goot gesê.

Al die medici wat genader is vir kommentaar maak gebruik van ‘n derde party om geld te vorder. Die prentjie lyk egter sleg vir diegene wat self eise teen die Ongevallefonds indien. “Van my kollegas wat self eise indien kla ook dat die proses baie moeilik is. Dit verg ook elektroniese indiening, wat tans nog nie werk soos dit moet nie,” het Van der Goot gesê. Stroebel deel die sentiment. “Ons ervaring is dat baie van die spesialiste nie by CompSol geregistreer is nie en dan werklik sukkel om deur die doolhof van dokumentasie te werk. Die hoeveelheid administrasie en ‘come-backs’ veroorsaak dat dit vir hulle makliker en goedkoper is om nie hierdie [BAD] pasiënte te sien nie,” het Stroebel gesê.

Plaaslik blyk dit egter goeie nuus te wees dat medici steeds BAD pasiënte behandel, hoofsaaklik omdat hulle van derde partye gebruik maak om die behandeling te befonds of geld in te vorder. Hulle loop egter steeds die risiko om geld te verloor of om kontantvloeiprobleme te ondervind met betalings wat sloer. Op ‘n vraag wat die uitstaande bedrae beloop wat deur die Ongevallefonds nog verskuldig is, het Stroebel geantwoord: “Dit is ‘n groot bedrag, in die duisende, vir die periode 2013 tot 2015, ten spyte van CompSol. Baie van die ouer eise het ons later afgeskryf en selfs pasiënte gratis moes sien, want om byvoorbeeld die beseringsverslag en die eerste mediese verslag te kry het gegrens aan onmoontlik. Ons het gelukkig nie baie BAD pasiënte nie, so dit help om die finansiële impak te beperk.”

In antwoord op dieselfde vraag het dokters Badenhorst en Gaigher gesê dat hul uitstaande skuld R213 819.54 beloop, met 84% daarvan ouer as 90 dae. In Van der Goot se geval was daar R99 283.80 aan haar verskuldig. “Die probleem is dat ek byvoorbeeld die fisioterapeut wat vir my werk reeds betaal het vir die pasiënt se behandeling, maar ek is nog nie as praktyk betaal nie,” het Van der Goot gesê. 

 
 
 

Viewed: 516

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT