ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generic image

Egpaar oorleef roof by bekende gastehuis

Date: 26 June 2015 By: Isabel Venter

Al wat met hulle gebeur het, is die “doodgewone wat hulle in die koerante lees.”

Jan en Rita Joubert, wat ‘n gastehuis bedryf buite Louis Trichardt, is Dinsdag saam met twee huishulpe aangehou. Maar, sê die egpaar, wat die gastehuis al vir 18 jaar bedryf, hulle is dankbaar dat hulle lewe en nie ernstige beserings opgedoen het nie. “Ons is veral dankbaar vir almal wat ons gehelp het ná die roof,” het Rina gesê. “Dit is eintlik maar wat ons wil sê: dankie aan almal. Dankie aan die plaas- en dorpswag en al ons bure wat so blitsig kom help het!”

Die gewapende roof by die egpaar het kort voor middagete ontvou. Drie mans, wat hulle voorgedoen het as gaste, het oom Jan en tannie Rita vasgebind. Net een van die rowers was nie gemaskerd gewees nie. Al drie was gewapen met messe en twee het rewolwers gehad. Die derde een het homself sommer aan een van oom Jan se wapens uit die kluis gehelp, sodat hy ook gewapen was.  

Behalwe vir die kluis wat die rowers geplunder het, het hulle ook die hele rekenaar- en kamerasisteem gesteel. Ander elektriese ware soos televisiestelle is ook gebuit, en hulle is uiteindelik met al die vuurwapens wat in die kluis was daar weg.

Die rowers het ook aangedring op die inhoud van 'n "tweede kluis" en oom Jan en tannie Rita met ‘n mes gesteek om die inligting uit hulle te boelie. “Daar is nie ‘n tweede kluis nie ... ek weet nie waar het die keerpunt gekom nie, maar hulle het gelukkig aanvaar dat ons die waarheid praat en dat hier nie kontant aangehou word nie. Ek dink die rowers het die verkeerde inligting gehad en bedoel om ‘n ander plek te beroof,” het tannie Rita gesê.

Ná sowat ‘n uur het die rowers die egpaar saam met die bediendes in ‘n linnekamer toegesluit en op die vlug geslaan. Gelukkig kon die egpaar maklik uitkom, want die kamer se deur kon van die binnekant af oopsluit. Hulle het dadelik hulp ontbied.

“Ons kan nie genoeg sê hoe dankbaar ons is teenoor almal wat hier opgedaag het of gebel het om ons te help nie,” het die egpaar gesê.

 
 
 

Viewed: 327

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT