ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generic Image

Swaar strawwe vir diefstalle uit voertuie

Date: 18 June 2015 By: Isabel Venter

Twee diewe, wat klaarblyklik ‘n gewoonte daarvan gemaak het om goedere uit voertuie in Louis Trichardt te steel, is deur die plaaslike gereg gestuit in hulle spore.

Silence Phosa (27) van Ha-Mbokota in Elim het op 6 Junie en 26 September verlede jaar goedere uit geparkeerde voertuie gebuit. In die eerste voorval het hy goedere gesteel uit die bakkie van Rudzani Manduwane.

Sy geluk het hom verlaat met die tweede voorval toe hy ‘n RCS-kredietkaart en ID-boekie van Solomon Maguga gesteel het. Maguga se voertuig was naby die Pick n Pay geparkeer in die Makhado Crossing.

Phosa is aangekeer toe hy homself as Maguga probeer voordoen het by Tekkie Town by die Makhado Crossing. Volgens inligting verskaf deur die polisie het hy ‘n paar tekkies probeer koop met die kaart. Hy het tereg gestaan op twee klagte van diefstal uit ‘n voertuig en een klag van bedrog. Hy het onskuldig gepleit op die diefstalklagte. Sy verweer was dat Manduwane sy vriend was, en hom gebel het om na sy nuwe bakkie te kyk en dit was hoe sy vingerafdrukke daar gevind is deur die polisie. Hy het geen verweer gehad oor Maguga se voertuig nie, maar het erken dat hy bedrog probeer pleeg het met sy RCS-kaart.

Phosa, wat verlede Woensdag in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn het, is op elkeen van die diefstalklagte twee jaar, en op die bedrogklag een jaar direkte gevangenisstraf opgelê.

‘n Tweede kardief, Louis Machaba (33) van Mudulani, het die daaropvolgende dag ook in die distrikshof verskyn, nadat hy M. Mulaudzi se rekenaartablet en kontant gesteel het in April. Machaba het skuldig gepleit op die klag teen hom, en is gevonnis tot drie jaar direkte tronkstraf. 

 

 
 
 

Viewed: 226

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT