ADVERTISEMENT:

 

 
 

Brian Jefferies op Donderdag, 14 Mei, kort nadat hy oorgeplaas is na die Zoutpansberg Privaat Hospitaal om aan te sterk. Foto: Facebook/Brian Jefferies.

Groot skrik vir familie ná Brian terugslag kry

Date: 28 May 2015 By: Isabel Venter

Gebedsversoeke het van ver gekom om vir Brian Jefferies te bid, nadat hy ‘n geweldige terugslag gehad het en daar weer dringend aan hom geopereer moes word.

Die 46-jarige sakeman van Louis Trichardt was drie weke gelede in ‘n ernstige motorfietsongeluk betrokke naby die N1-kruising op die Levubupad. Hy het met ‘n voertuig gebots wat ‘n U-draai gemaak het op die N1. Albei Brian se gewrigte is verbrysel en sy bekkenbeen is op drie plekke gebreek.

Ná ‘n groot operasie om die breuke te herstel, is Brian ontslaan en op Donderdag, 14 Mei, oorgeplaas na die Zoutpansberg Privaathospitaal om aan te sterk.

Helaas, die vreugde was van korte duur. Twee dae later het Brian skielik koorsig begin word. Nog ‘n dag later het Brian kwaai pyn verduur, en moes hy twee bloedoortappings ontvang.

Verlede Dinsdag (19de) is daar agtergekom dat Brian se urinebuis begin lek het in sy wonde en 'n infeksie veroorsaak het. Hy is weer dringend oorgeplaas na die Tzaneen MediClini, waar hy dringend geopereer moes word om die wonde skoon te kry.

Sedertdien is Brian nog steeds in Tzaneen, waar sy dokters ‘n wakende oog hou. Sy familie het hierdie week bevestig dat dit weer goed gaan met Brian en dat hy buite gevaar is.

Sy skoonsuster, mev. Sigrid Jefferies, het Dinsdag (26ste) telefonies aan die koerant gesê dat Brian se dokters hom hopelik hierdie week sal ontslaan.

Intussen het Brian se broer, Michael, namens die familie die volgende persone en instansies bedank wat hulle sedert die ongeluk bystaan: Koos Botha, Ocker de Lange, Ettienne Hendricks, Patricia Gerber, Maud Myburg, Susara Venter, Kotie en Frikkie van der Merwe, Riaan Engelbrecht, Paulo Piorek, Nardus en Nadine Stegman, Hendrik van DRS Security, Anton Peyper, Saki Nel, James Raper, Nico van der Westhuizen, drs. Emil Gaigher en Lappies Labuschagne, Pennie, Spikkels en al die personeel van die Zoutpansberg Privaat Hospitaal en Tzaneen MediClinic.

Vriende en familie het ook uit hul eie ‘n hulpfonds op die been gebring vir Brian, nadat die hospitaalrekeninge konstant begin ophoop het. Brian het nie ‘n mediese fonds nie, en sy werksvoertuig is reeds verkoop om van sy kostes te dek. Sigrid kan oor die hulpfonds geskakel word by tel. 082 454 5886.

 
 
 

Viewed: 448

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Verlede Sondag (17de), drie dae nadat Brian terug was in Louis Trichardt, het hy ernstig siek geword en moes weer oorgeplaas word na die MediClinic op Tzaneen. Foto: Facebook/Brian Jefferies.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT