ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generic Image

Warmer winter met reën wat webly

Date: 30 April 2015 By: Andries van Zyl

Met winter om die draai is daar steeds geen beter vooruitsig vir goeie reënneerslae oor Suid-Afrika nie, behalwe vir die suid-westelike dele van die land waar bo-gemiddelde reënneerslae vir die wintermaande verwag word.

Mnr. Cobus Olivier, ‘n wetenskaplike verbonde aan die Suid-Afrikaanse Weerdiens, het in ‘n verklaring verlede week gesê dat die El Niño verskynsel steeds in ‘n swak toestand verkeer. Die El Niño verskynsel verwys na die siklus van warm en koue temperature wat bepaal word deur die oppervlak-temperature van die sentrale en oostelike Stille Oseaan. Die verskynsel vind plaas elke drie tot sewe jaar en het ‘n invloed op meer as die helfte van die aarde se weersomstandighede.

Olivier baseer sy voorspeling op die huidige El Niño toestand, maar het bygevoeg dat meer relevante omstandighede wat die klimaatsisteem dryf, nog nie duidelik gemanifesteer het nie. Dit, sê hy, maak dit dus moeilik om ‘n definitiewe voorspelling te waag oor Suid-Afrika se langtermyn weervooruitsigte.

Alle aanduidings is ook dat Suid-Afrika ‘n warmer winter gaan beleef. Olivier het gesê dat daar tans nie genoegsame bewyse is dat die land ‘n buitengewone koue middel-winter gaan verduur nie. Hy sê dit sal egter wys wees om die medium- tot korttermyn weervoorspellings dop te hou vir die ontwikkeling van omstandighede wat die huidige langtermyn voorspelling kan verander of versterk.

Die huidige “droë” toestande het boere en ernstige tuiniers ietwat bekommerd. Uit alle oorde van die Soutpansberg word ondergemiddelde reënneerslae vir die jaar gerapporteer. Einde 2014 was heelparty mense egter optimisties oor 'n goeie somerreënseisoen. Desember van daardie jaar was lekker nat, met digby 260 mm wat vir Louis Trichardt gemeet is. Eweneens is goeie reënvalsyfers vir Desember regoor die streek deur lede van die Soutpansberg Distrikslandbou-unie gerapporteer. Dit het ingesluit 'n reënvalsyfer van 281 mm in die Levubu-omgewing, 81 mm by Bandelierkop, tussen 150 mm en 280 mm by Vivo, 120 mm by Vivo, 270 mm uit op die Witvlagpad en 115 mm by Alldays. Die reën is goeie nuus vir wild- en beesboere wat betref weiding vir die komende maande. Die reën was ook goed vir boere wat gewasse aanplant in terme van ondervog. Verdere goeie opvolgreën sou die situasie net nog meer rooskleurig maak.

 

 
 
 

Viewed: 478

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT