ADVERTISEMENT:

 

 
 

Polisie slaan toe op sigaret-huis

Date: 02 April 2015 By: Isabel Venter

Die plaaslike polisie het verlede week gereageer op inligting wat hulle ontvang het en 'n wavrag onwettige sigarette versteek gekry in die middel van 'n rustige woonbuurt in Louis Trichardt. 

Volgens Makhado polisiewoordvoerder konst. Irene Radzilane het lede inligting ontvang dat onwettige sigarette by 'n huis in Munnikstraat gestoor word. 'n Lasbrief is toe verkry om die huis te deursoek. 

Die polisie se ondersoekwerk is tydelik vertraag toe ‘n verdagte by die huis gevlug het. Volgens die omliggende bure het dié man loshande oor ‘n hoë heining gespring met twee lêers onder die arm. “Ek het nog nooit só iets gesien nie. Die ou het sonder om te blik of te bloos bo-oor my heining getrek ... en dit was doringdraad waaroor hy gekom het, sonder om eens 'n skrapie op te doen,” het 'n buurman opgemerk.

Radzilane het Dinsdag bevestig dat die verdagte nie ver gekom het nie, voordat hy in hegtenis geneem is. Nog vyf ander verdagtes is ook by die huis gearresteer en onwettige sigarette met ‘n geskatte straatwaarde van sowat R154 300 is gekonfiskeer.

Al ses die verdagtes sal in aanhouding bly tot en met hul volgende hofverskyning later dié week. Intussen deur die polisie-ondersoek voort.

 
 
 

Viewed: 243

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT