ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle Ansie van der Linde (70). Foto verskaf. 

Deernisvolle Ansie van der Linde sterf

Date: 01 April 2015 By: News Correspondent

Die Soutpansberg-gemeenskap het die afgelope week met hartseer afskeid geneem van ‘n liewe en dierbare inwoner, mev. Ansie van der Linde. Sy is op 23 Maart in die ouderdom van 70 jaar oorlede.

“Herinneringe kan nooit sterf nie en as ons aan Ansie dink is daar so baie om te onthou,” sê suster Lea Herman.

Vanaf 1966 was Ansie vir 30 jaar bibliotekaresse by die munisipale biblioteek hier. “Sy het so baie kinders sien grootword, wat haar hulp en glimlagte altyd sal onthou,” voeg die familie by.

Ansie sal onthou word vir haar ongelooflike deernis teenoor die oues van dae, die siekes en die behoeftiges. Hoewel sy self soms min gehad het, was haar hart en hande altyd oop vir almal en was sy altyd bereid om haar laaste stukkie brood te deel met iemand wat honger was. “Sy het ons ma en ouma vir soveel jare onbaatsugtig en liefdevol versorg,” sê Lea. Ansie het ook gereeld na die gevangenis gegaan en altyd gepraat “van haar seuns vir wie sy bearbei” het.

Ansie het ‘n diep, onverskrokke geloof in haar Skepper gehad en sy was ook ‘n getroue bidder. “Ons weet dat sy nou aan Sy voete sit,” sê die familie.

‘n Roudiens is Maandag vir wyle Ansie vanuit die Agapé-gemeente gehou. Die familie het hul dank uitgespreek teenoor die gemeente vir die pragtige wyse waarop hulle die diens hanteer het.

Wyle Ansie word oorleef deur haar twee susters, Lea Herman en Martie Venter, met hulle eggenote, kinders en kleinkinders.

 
 
 

Viewed: 336

 

 
 

News Correspondent

Correspondent journalists from all over the region supply us with news and sport articles. 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT