ADVERTISEMENT:

 

 
 

Alexander Smail

Agt jaar direkte tronkstraf vir Smail

Date: 12 March 2015 By: Isabel Venter

“Dank die Here hierdie saak is nou verby.”

Dit was die gevoel van die Buysdorp-gemeenskap verlede week toe die 66-jarige Alexander Smail direkte gevangenisstraf opgelê is vir die dubbele moord op twee jong inwoners van die gemeenskap.

Smail, ‘n jarelange inwoner van Buysdorp, is verlede jaar daaraan skuldig bevind dat hy Cornelius Bruce Joachim (20) en Sergio Buys (21) doodgeskiet het. Buiten vir die twee klagte van moord waarop hy skuldig bevind is, is Smail ook skuldig bevind aan twee klagte van poging tot moord.

Smail het in Desember 2009, net voor die skietvoorval, gedreig om vir Joachim, Buys en hulle vriende, Levit Harris en Dominique Buys, te skiet. Smail  het getuig dat hy daarvan oortuig was dat hulle by sy onderneming, Smails Fountain op Buysdorp, by verskeie geleenthede ingebreek het. Sy verweer was dat hy Joachim se groep gekonfronteer het, maar nie bedoel het om hulle te skiet nie. Smail het getuig dat hy blindelings skote afgevuur het, nadat een van die mans (hy kon nie presies onthou wie nie) gebuk het, en hy gedink het die man buk vir ‘n wapen. Sergio is in die kop getref en Joachim in die bolyf. Harris en Dominique het ontsnap.  

Landdros Pat Cloete het Smail vir elk van die moordklagte agt jaar gevangenisstraf opgelê en vir die twee klagte van poging tot moord gesamentlik vier jaar. Smail sal sy tronkstraf samelopend uitdien, wat beteken hy sal effektief na ses jaar kan kwalifiseer vir parool. Cloete het in sy uitspraak gesê Smail het geen berou getoon vir sy dade nie, en ook geen poging aangewend om met die familie van die oorledenes kontak te maak en hul vergifnis te vra nie.

Smail se regsverteenwoordiger het dadelik ‘n aansoek om verlof tot appèl gebring, wat deur Cloete van die hand gewys is.  

 
 
 

Viewed: 291

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT