ADVERTISEMENT:

 

 
 

Dief se Valentynsdag werk nie lekker uit nie

Date: 20 February 2015 By: Isabel Venter

Maanskyn en rose was dalk op die spyskaart, maar ‘n winkel­dief wat op Valentynsdag vasgetrek is, moes dié aand agter tralies deurbring.

Die 24-jarige Ephariam Mo­kwena is boonop, vir sy straf, terug na sy land van herkoms – Zimbab­we – gedeporteer.

Mokwena is Saterdagaand (14de) by die Louis Trichardt Spar in Presidentstraat deur ‘n sekuriteitswag gevang toe hy twee pakkies wors uit die winkel probeer smokkel het. Die wag het gesien hoe Mokwena die pakkies, ter waarde van R24.78, bestel en in ‘n plastieksak los by die skryfbehoefte-afdeling, naby die kassiere.

Hierna het Mokwena wyn en kerse gaan kry, daarvoor betaal, dit in sy sak gesit en na die kiosk gegaan waar hy vuurhoutjies gekoop het. Dis toe Mokwena die winkel verlaat het dat hy voorgekeer is. Hy is onder arres geplaas toe hy nie koopbewyse vir die wors kon toon nie. Sy verduideliking aan die wag was dat hy pas sy fout agtergekom het, en wou omdraai om vir die wors te betaal.

Mokwena het die naweek in polisie-aanhouding deurgebring en het Maandag, op ‘n klag van winkeldiefstal, in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn, waar hy skuldig bevind is. Hy het ook erken dat hy onwettig in Suid-Afrika is, en daarom is hy nie direkte tronkstraf opgelê nie, maar eerder gedeporteer.

 
 
 

Viewed: 239

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT