ADVERTISEMENT:

 

 
 

'n Vangwa van die plaaslike polisie en nog 'n bakkie het met mekaar gebots in die kruising by die KFC in Groblerstraat.

Dien verkeerstekens nog enige doel in dorp?

Date: 13 February 2015 By: Isabel Venter

Dit is lankal ‘n bekende feit in Louis Trichardt dat verkeerstekens nie sommer gehoorsaam word nie.

Dinsdagoggend het dit opnuut weer duidelik geword dat ‘n stopteken vir baie ‘n toegeeteken geword het.  

‘n Haastige bestuurder in sy Toyota, wat die stopteken by die kruising op die hoek van Leeu- en Bauhiniastraat verontagsaam het, het so hard met ‘n ander voertuig gebots dat al twee motors afgeskryf moes word.

Die Toyota was op pad in Bauhiniastraat, toe dit gebots het met ‘n klein bakkie wat besig was om vanuit Leeustraat in Bauhinia in te draai. Met die slag is die hele agterste deel van die bakkie se onderstel uitgeruk. Niemand is ernstig beseer in die voorval nie.

Slegs ‘n paar uur na dié voorval was daar ‘n soortgelyke ongeluk, hierdie keer by die berugte kruising voor die KFC op die hoek van Songozwi- en  Groblerstraat.

Hierdie keer het 'n motoris wat vanuit 'n westelike rigting  in Songozwi opgery het, glo 'n rooilig verontagsaam en met 'n polisievangwa gebots wat in die teenoorgestelde rigting op pad was.

Plaaslike polisiewoordvoerder konst. Irene Radzilane het by navraag gesê dat sy nie wil spekuleer oor die oorsaak van die ongeluk nie en eerder sal wag tot die ondersoek afgehandel is. Sy het bevestig dat daar in beide gevalle ‘n saak van nalatige en/of roekelose bestuur geopen is.

 
 
 

Viewed: 250

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Die impak van die ongeluk het veroorsaak dat die bakkie se hele onderstel agter losgeruk is. 

Die bestuurder van die Toyota bekyk die skade aan sy motor. Hy het glo die stopteken in Leeustraat verontagsaam en met 'n ander voertuig gebots. 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT