ADVERTISEMENT:

 

 
 

Steyn deur hof gelas om gesteelde geld terug te betaal

Date: 13 February 2015 By: Isabel Venter

Die voormalige bestuurder van Steyn Staal op Louis Trichardt is beveel om die geld wat hy gesteel het terug te betaal.

Jacques Steyn (34) het verlede Vrydag in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn, waar hy skuldig gepleit het. Sy pleit was in terme van ‘n pleitooreenkoms en hy is dienooreenkomstig skuldig bevind op ‘n klag van diefstal.

Steyn is aangekla, nadat dit aan die lig gekom het dat hy kliënte van Steyn Staal, toe hy daar werksaam was as bestuurder, bedrieg het en nagenoeg R100 000 gesteel het. Steyn het vanaf 2011 tot 2013 sy van misbruik om kliënte onder die indruk te bring dat hy die eienaar is van Steyn Staal en het so geld verduister. Hy het rekeninge by ander plaaslike ondernemings oopgemaak en produkte vir eie gewin bestel.

Sedert die kriminele klagte sowat ‘n jaar gelede teen Steyn gebring is, is hy nie meer by Steyn Staal werksaam nie. Hy het al by meer as een geleentheid in die hof verskyn, en het ook ‘n vertoë gerig aan die Direkteur van Openbare Vervolging om die saak teen hom terug te trek. Hierdie vertoë is in Mei verlede jaar van die hand gewys.

Die Staat was reg om met ‘n verhoor te begin, toe Steyn hulle genader het vir ‘n pleitooreenkoms.

Steyn het vlugtig in die hof verskyn, waar die hof sy ooreenkoms aanvaar het. Hy is gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf wat vir vyf jaar opgeskort is. Hy is ook gelas om die R95 000 wat hy skuld terug te betaal aan Steyn Staal. Indien Steyn nie die geld betaal nie, sal sy tronkstraf in werking gestel word. 

 

 
 
 

Viewed: 663

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT