ADVERTISEMENT:

 

 
 

‘n Lekkende brandslangkraan op die grondvloer van die onderdak parkeerplek in die sentrale sakegebied langs Munnikstraat. Die kraan is onwerkbaar beskadig.

Toestand van parkeerarea skokkend

Date: 12 February 2015 By: Frans van der Merwe

Sopnat vloere op die grondvloer in die onderdak parkeerruimte in die sentrale sakegebied langs Munnikstraat  in Louis Trichardt het vandeesweek die aandag gevestig op die bedenklike toestand van die brandblustoerusting in die parkeersentrum.

‘n Bekommerde lid van die publiek het gekla oor die wyse waarop voertuie by die sentrum gewas word met munisipale water wat vanaf brandslange getap word. Volgens die klaer word die waterslangkrane verder misbruik deurdat die krane deurentyd oop gelaat word en die hele vloer daardeur natgemors word.

‘n Besoek aan die sentrum Maandag het aan die lig gebring dat die groot plasse water op die grondvloer waarskynlik deur onlangse sterk reënneerslae veroorsaak is.Die reënwater het vermoedelik van buite in die grondvloer ingespoel. ‘n Lekkende brandslangkraan aan die suidelike muur dra by tot sy eie vloerplas Die betrokke kraan is beskadig en kon nie toegedraai word nie. Die brandslang aan die noordelike muur is onklaar deurdat dit afgesny en heeltemal verwyder is.

Volgens ingeligte bronne was die water wat by die voormalige “Venda Carwash” gebruik is afkomstig van die brandslangkraan op die boonste vloer van die parkeersentrum. Dié karwas se bedryf is glo nou permanent beëindig, omdat die voertuie wat daar gewas was, die agterste laaisone versper het vir vragvoertuie wat daar vir sakeondernemings langs Songozwistraat diens gedoen het.

Die misbruik van munisipale brandweertoerusting vir informele karwasdoeleindes kom betreklik algemeen voor op die dorp.

 
 
 

Viewed: 157

 

 
 

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 
 

More photos... 

Die eertydse brandkraan op die grondvloer van die onderdak parkeerruimte is met pyp en al weg.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT