ADVERTISEMENT:

 

 
 

Kathy-Lee Mostert (29). Foto: Facebook.

Borg vir jong vrou wat glo duisende sou steel

Date: 16 January 2015 By: Isabel Venter

Die jong vrou van Louis Trichardt wat vir meer as ‘n week in polisie aanhouding was weens beweerde bedrog en diefstal is op borg vrygelaat.

Kathy-Lee Mostert (29) het verlede week in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn op 11 klagte van bedrog en een klag van diefstal. Die klagte teen haar hou verband met ongeveer R700 000 wat sy na bewering by Blouberg Dierekliniek sou gesteel het terwyl sy daar werksaam was.  

Mostert is Oujaarsdag in polisie-aanhouding geplaas, nadat daar vermoed is dat sy probeer landuit vlug het. Tydens haar borgaansoek is daar aangevoer dat sy reeds erken het dat sy bykans R60 000 van Blouberg geneem het. Volgens haar prokureur, mnr. Charles Pieterse, het Mostert probeer om die saak buite die hof te skik, en het sy reeds ‘n terugbetaling van R70 000 gemaak. Daar was nog ‘n dispuut oor ‘n verdere R30 000 wat sy skuld en moes betaal.

Die mede-eienaar van Blouberg, mnr. Freddie Harris, het getuig dat hy betroubare inligting ontvang het dat Mostert en haar man besig was om hulle bates te smous en dat sy werk gekry het in Dubai.

Harris het ook getuig dat die R70 000 wat Mostert terugbetaal het, ook net ‘n voorlopige skikkingsbedrag was.

Intussen is Mostert verlede Woensdagmiddag vrygelaat nadat sy R5 000 borg betaal het. As deel van haar borgvoorwaardes mag sy nie aansoek doen vir ‘n nuwe paspoort nie, en ook nie met enige van die Staat se getuies kontak maak of hulle probeer beïnvloed nie.

Mostert sal weer op 26 Maart in die hof verskyn. Intussen deur die polisie se ondersoek teen haar voort.

 
 
 

Viewed: 513

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT